Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MUNNIK Johann Heinrich

Johann Heinrich MUNNIK (volgens W. Schmidt was die oorspronklike naam Mönnich), is in 1690, as die seun van Hinrich Mönnich te Hildesheim in Duitsland gebore. Later het hy sy naam Munningh geteken. Hy het in 1713 as soldaat gedien en twee jaar later burgerskap verkry. Op 18 November 1714 is hy in die huwelik bevestig met Jacomina VISSER. Hulle twee kinders was:
(1) Jan Albertus (1716), getroud met Jacoba DE WAAL.
(2) Gerrit (1717).
Die Munnik-gesin het ‘n huis in Oliphantstraat in Kaapstad gehad. In 1740 het Munnik 600 guldens betaal vir die konsessie om wyn in Rondebosch te verkoop.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:




 

  • Hits: 10216

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy