Skip to main content

logo new

Surnames D to G

GÜLDENPFENNIG Friedrich Wilhelm Ludwig

Friedrich Wilhelm Ludwig GÜLDENPFENNIG, * Stendal Pruise 11 Mrt 1818, sendeling, † Altruppen Pruise 14 Apr 1868.
Friedrich Güldenpfennig het in 1845 as Berlynse sendeling na dieTranskei gekom. Met die uitbreek van die Oorlog van die Byl, versoek Sir Theophilus Shepstone die Transkeise sendelinge egter om liewer na Natal te gaan. Dáár stig Güldenpfennig saam met Jacob Ludwig Döhne en Carl Wilhelm Posseltdie sendingstasie Emmaus naby die huidige Winterton.
In 1852 vra die Boere van Natal hom om hulle te bedien en vir sowat vyf jaar is hy predikant in die omgewing van Weenen; hierna sluit hy weer by die Berlynse sending aan.

x Port Natal 30 Aug 1847 Johanna Henriette Wilhelmina RUDOLPH, * Langehoop Uitenhage 03 Apr 1826, † Malta distr. Winterton 12 NOv 1914, Ω Voortrekkerbegraafplaas Malta Winterton, d.v. Johan Bernhard RUDOLPH en Elizabeth Susanna FOURIE.

Uit hierdie huwelik:

1. Johanna Elizabeth Bernhardina, x Carl Ferdinand Ludolph Dietrich SCHULZE. {hy was ook x Anna Maria Dorothea GÜLDENPFENNIG.}
2. Elizabeth Frederike Wilhelmine, x Paul Gustav KAMANN.
3. Anna Maria Dorothea.
4. Jonathan Gerhardus Marthinus
5. Aletta Bernhardina, x Carl Friedrich SUNKEL.
6. Talitha Kumi, x Ludwig Karl Adolph OPPERMAN.
7. Anna Maria Dorothea, x Carl Ferdinand Ludolph Dietrich SCHULZE. {hy was ook x Johanna Elizabeth Bernhardina GÜLDENPFENNIG.}
8. Johannes Bernhard Rudolph, x Martha Francina ROTHMAN.
9. Friedrich Wilhelm
10. Anna Maria.

BRONNE:

Zöllner L & J A Heese, Die Berlynse sendelinge in Suid-Afrika, RGN, Pretoria 1984.

Mededelings uit die familie.

Kyk ook:

Sasa Malan, "Só het die SCHULZEs na Suid-Afrika gekom", Capensis 3/2013

  • Hits: 9284

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy