Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BURGER Berndt/Barend

Berndt BURGER was die stamvader van hierdie familie. Sy oorspronklike van was Burcherdt. Hy was van die onafhanklike hawestad Lübeck. Hy was alreeds voor 1690 by die Kaap. Hy het as "n smid gewerk van 1688 tot 1704. Op 31 Maart 1688 word Berndt aangekla weens oproerige gedrag. Hy het vier slawe en een perd besit. 1699 - 1700 dien hy as "n lid van die Heemraad.

Hulle het die volgende plase gehad:
Gottfried Meyhuizen het die plaas Landskroon (Agter Paarl)besit maar weens sy mishandeling van "n slaaf word hierdie eiendom hom ontein. Toe in 1697 koop Burger die plaas Landskroon (Agter Paarl). In 1699 kry hy ook die plaas Leeuwenjagt (Agter Paarl).

Hy was getroud met Maria van der MERWE, dogter van Willem Schalk van der Merwe en Elsje Cloete. Hulle het die volgende kinders gehad:
b1 Barend gedoop 7 Sep 1692, X Margaretha Pasman
b2 Willem gedoop 28 Mei 1696, X Elsie van der Merwe
b3 Andries, X 14 Apr 1720 Maria van der Merwe, XX 12 Jan 1727 Martha Mouton
b4 Helena gedoop 8 Jul 1701, X 18 Apr 1717 Jan Olivier
b5 Jacobus gedoop 3 Apr 1704, X 31 Jul 1729 Geertruida Scheepers

Berndt Burger sterwe in 1705 en sy vrou, Maria van der Merwe trou toe met Lambert Smit.

Bronne:
Heese en Lombard
JG le Roux & WG le Roux Ons Drakensteinse Erfgrond: Agter Paarl
GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

Internetskakels;
Brian MARGETSON


 "Facebook" plasing:

Wes-Kaapse Argief- en Rekorddiens, Kaapstad KAB : CJ 2 – 110 p. 366

Barend Burger, stamvader, aangekla weens openbare geweld. Hofsaak gedateer 31 Maart 1688
________________________________
[p.] 366
110
Eodem die
[Woensdag den 31 Maert 1688]
Edem eij:er
[M:r Johannes van Keulen,
fiscael nomine officii]
ten huijse vanden tapper
Contra
Barent burgerze, vrijsmit
ged:e wegens pub: gewelt, ---
[Praes: d’ E heer Comm:
et oib:]
hij doe’t Eijsch bij monde,
ende segt, dat den gede:
voor omtrent 3 weecken
der caepse wijnen sig droncken
gedroncken hebbende niet
ontsien heeft dat huijs in
rumoer te stellen ende de vrouw
vanden huijse een vuijstslag in’t aengesigt te geven,
alsmede deselve nog daerenboven benevens de weed:ee Overneij
met een bloot mes te dreijgen, tragtende haerlieden [woord deurgehaal, skynbaar “naer”]
buijten de deur te crijgen, - omme na allenschijn haer
daermede te grieven. Ende concludeert derhalven
dat den ged:e zal werden gecondemneert om door de
kaffers gelaerst sijnde, een halff jaer aende gemene wercken
t’ arbeijden met zodanige pecuniele amende pro fisco, als
haere: a: sullen oordeelen convenabel te sijn cum expensis
den ged:e antwoordende segt soo seer beschoncken te sijn
geweest dat gene geheugnis heeft van ‘t gene gedaen heeft
refereert sig derhalven tot discretie vanden raed
hij perst: [persisteert] voor replq: [replijcq] - den ged:e voor duplq: [duplijcq] den
E:a: raed etc:a condemneert den ged:e omme door de
matrosen Trangelq [onduidelik] - gelaerst te werden, mitsgaders in
pecuniele amende van hondert vijfftig guldens pro
fisco, mette costen.
[Gedaen in ‘t Casteel de goede hoop
datum ut supra
In kennisse van
mij
Melchior Kemels
1:sten Secret:s]
________________________________
Vertaling van bostaande:-
[p.] 366
110
Dieselfde dag
[Woensdag 31 Maart 1688]
Dieselfde aanklaer
[Mnr. Johannes van Keulen,
Fiskaal, amptelike aanklaer]
Versus
Barent Burger, vrysmid
aangekla weens openbare geweld.
[Teenwoordig: Die Edele Heer Kommandeur en omnibus]
Hy doen die aanklag mondelings, en verklaar, dat die beskuldigde omtrent 3 weke gelede aan huis van die tapper van Kaapse wyne hom dronk gedrink het en nie ontsien het om oproer in die huis te veroorsaak en die vrou van die huis ‘n vuishou in die gesig te gee nie, asook haar bowendien nog, benewens die weduwee Overneij, met ‘n ontblote mes te dreig, en gepoog het om hulle na buite te lok, - om na alle waarskynlikheid hulle daarmee aan te val. Dus word derhalwe besluit dat die beskuldigde gevonnis sal word om deur die geregsdienaar gegésel te word, en ‘n halwe jaar op die openbare werkplaas te arbei met sodanige geldelike boete vir die fiskaal, as u agbare sal oordeel gepas te wees met koste.
Die beskuldigde antwoord en verklaar dat hy so erg beskonke was dat hy glad nie kan onthou wat hy gedoen het nie en beroep hom derhalwe op die diskresie van die raad. Hy volhard met sy teenpleidooi - die beskuldigde met dupliek. Die edelagbare raad ens. vonnis die beskuldigde om met die matroos trektou [onduidelik] - gegésel te word, sowel as ‘n geldelike boete van honderd en vyftig gulden vir die fiskaal met koste.
[Gedaan in die Kasteel die Goeie Hoop
datum soos bo
Volgens my wete
[was geteken] Melchior Kemels - Eerste Sekretaris]
__________________________________________
Met erkenning en dank aan die Wes-Kaapse Argief- en Rekorddiens, Kaapstad vir die goedgunstiglike toestemming om die brondokument KAB : CJ 2 – 110 te kon fotografeer.
© 31.3.2018 Gefotografeer, getranskribeer en in Afrikaans vertaal deur C J van Breda.

 

 

 

  • Hits: 15024

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy