Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VAN BILJON Bernardus

BERNARDUS VAN BILJON is in 1684 gebore in Overijse, in die Brabant Provinsie van Nederland (die hedendaagse België). Hy word op 3 September 1684 in die St Martinus Kerk in Overijse gedoop.
Die huwelik van Lambert en Anna STROOBANTS, 8 January 1680 te St Martinuskerk, Overijse, Brabant. [verskaf deur Mike Ducray] 
Hy was die derde van die elf kinders van LAMBERT VAN BILLOEN (≈ ca 1650 te Huldenberg) en ANNA STROOBANTS (≈ 8-06-1656 te Overijse)
Word deur die Verenigde Oos-Indiese Companjie (VOC) as soldaat in diens geneem en vertrek as deel van die Kersvloot op 8 Januarie 1707 op die skip "Hoedekenskerk” uit Texel. Die vloot arriveer op 11 Junie 1707 in Kaapstad waar Bernardus in die hospitaal opgeneem word.
Tydens sy VOC diens was hy aan die Kaap de Goede Hoop gestasioneer by die buiteposte Groene Cloof en Land van Waveren. Hy het ook as wadrywer vir die VOC gewerk en het gedurende 1723 'n Vryburger geword. Grond aan die Nonnas- en Hexrivier is aan hom toegeken, maar vanaf 1728 kom sy naam in die distrikte Stellenbosch en Drakenstein voor.
Ongeveer 1724 treë hy te Drakenstein in die huwelik met [1] Maria Walters ( vermoedelik die dogter van Ernst Friedrich Walters, 'n leerlooier in diens van die VOC en Maria van die Kaap).

b1 Anna [Johanna]~ 6/11/1724 x Stellenbosch 20/10/1741 Barthlomeus Zaaiman.

b2 Ernst Hendrik ~ 7/2/1727 x Tulbagh 20/9/1753 Cornelia van Emmenis [~24 jul 1735 CT]

b3 Regina Barbara ~ 21/8/1729 [Paarl]  x 15/9/1748 stellenbosch Sebastian Wolfaardt, stamvader van die Wolfaardts in Suid Afrika. Hy sterf 1766.
xx 12 Oct 1766 Paarl [Drakenstein] Johanns Thomas Rodewald

Maria Walters sterf ongeveer 1731 en op 10/8/1732 trou Bernardus te Kaapstad, [2]Anna Geertruida Fick, dogter van Antonij Fick en Maria van der Schelde.

Hulle vier kinders:

b4 Maria ~ 6/9/1733 Drakenstein x 7/12/1755 Paarl Guillaume du Toit

b5 Susanna ~ 17/7/1735 Stellenbosch + vermoedelik voor 1742

b6 Aletta ~ 9/9/1736 Stellenbosch x 7/12/1755 Paarl, Pieter Marais

b7 Johanna Barbara
~ 13/9/1739 Stellenbosch x 9/7/1780 P J de Villiers 

Anna Geertruida Fick sterf voor 1740 en Bernardus treë gedurende 1741 in die huwelik met [3] Anna Cornelis, ~ 29/3/1680 en weduwee van Jan Barentsz Siger, afkomstig van Erfurt en dogter van Jan Cornelisz van oud Beijerland (ook bekend as Jan Bombam), en Catharina Harmenz van Rhenen.
Anna Cornelisz sterf teen die einde van 1742 en Bernardus trou op 12/4/1744 Stellenbosch met [4] Judith van der Wat, ~ 18/12/1724, dogter van Hendrik Jansz van der Wat en Margaretha Niemand.

Hulle een kind:

b7 Anna Geertruida ~ Stellenbosch 16/8/1744

Bernardus sterf op 22 September 1746 waarna Judith x 25/6/1747 Paarl Casper Hendrik Badenhorst.

BRONNE:
De Villiers/Pama Heese/Lombard
N G Kerk - Doop- en Huweliksregisters (Kaapstad, Drakenstein en Stellenbosch)
Opgaafrolle 1682-1782
VOC Generale Monsterrol 1708 - 1725 VOC Monsterrollen - Vrije Lieden 1702 -1750
Soldijboeken – Hoedekenskerk : NL-HaNA_1.04.02_5567_0211.jpg
Internet skakels [Annelie Els]

Nagevors en saamgestel deur:
Jan van Biljon

  • Hits: 11874

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy