Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SLABBERT Floris

SLABBER(T) - oorspronklik gespel SLABBAART en SLABBAERT - was 'n ou voornaam in Vlaandere en Zeeland. Dit kan ook op harringvissery betrekking hê, want slabber is 'n ou naam vir haring.

Floris SLABBERT - stamvader van die SLABBERT-familie in Suid-Afrika - se oupa Adrianus SLABBAERT en sy vrou Petronella DE BATS het reeds in die eerste helfte van die 17de eeu ter wille van hulle geloofsoortuigings uit Oostwinkel in Vlaandere voor die vervolging van die Rooms-Katolieke kerk gevlug en hulle uiteindelik in die dorp Aagtekerke op die eiland Walcheren in die provinsie Zeeland in Nederland gaan vestig. Een van hulle seuns, Maerten Adriaanse SLABBERT (gebore 24.12.1621) trou op 6.5.1648 te Aagtekerke (later Mariekerke, België) met Janneken LORMYE (gedoop te Grijpskerke, Zeeland op 19.12.1621), die weduwee van Jan Carel STOFFELGAT. Laasgenoemde egpaar bring drie seuns - Jeremias, Floris en Gideon - in die lewe.

Stamvader Floris SLABBERT word op 7.10.1656 gedoop te Zeeland, Nederland. Hy trou op 15.4.1684 te Aagtekerke met Huybrechje JASPERS - dogter van Jasper JANSE van Westkapelle. Die egpaar bring uiteindelik 10 kinders in die lewe waarvan 5 van die kinders in Meliskerke op die eiland Walcheren in Zeeland gedoop word.

Die gesin SLABBERT kom in 1699 in Suid-Afrika aan, nadat Huibrecht nog op 11.1.1699 as doopgetuie by die doop van Pieter, seun van haar broer te Aagtekerke opgetree het en voordat hulle oudste dogter Neeltje op 21.11.1700 aan die Kaap in die huwelik tree met Robbert BRAND. Die presiese datum van aankoms asook die naam van die skip is nog onbekend. Om een of ander rede handig Floris eers op 22.12.1704 dus ongeveer 5 jaar na sy aankoms in die Kaap, sy attestaat in die Kaap in. Oor sy beroep is daar op daardie stadium maar weinig bekend. In Februarie 1716 onderteken Floris egter as vryburger en boer saam met ander boere 'n versoek aan die Kommissaris om die graanprys te verhoog. Volgens 'n aantekening woon Floris SLABBERT in 1713 "bij den Tijgersberg, vijf uren gaans van de Cab de Bon Esperance". Die plaas se naam was Conterman's Kloof en hy het die plaas in 1706 ontvang.

KINDERS:
b1 Neeltje baptised 29 Apr 1685, X 21 Nov 1700 Robert Brand
b2 Johanna, X 2 Apr 1702 Pieter Andriesse Sax
b3 Lijsbeth baptised 15 Apr 1691, X 3 March 1709 Jacobus Smith
b4 Maarten baptised 24 Oct 1694
b5 Jasper, X 26 June 1712 Johanna Meyburg
b6 Maerten baptised 22 Jul 1696,
b7 Maria, X 24 March Johannes Visscher
b8 Matien baptised 11 Apr 1698
b9 Pieter baptised 21 Aug 1701
b10 Gideon baptised 31 Jan 1706, X 7 March 1728 Francina Carstens

Sources:
de Villiers and Pama, Genealogies of old S A Families 1981
CE Hulstaert "Het Gezin van de Stamvader Floris Slabbert" Familia 1987 no 4

Thanks to research by:

Thanks to submissions by:
Mark Barker mabarker@mweb.co.za
AM van Rensburg
Johan Erasmus 2000@yebo.co.za

  • Hits: 15617

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy