Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WANNENBURG Pieter

Pieter WANNENBURG, afkomstig van Amsterdam, het in die jaar 1727 in Suid-Afrika geland. Sy eggenote Alida DE WAAL het later met sy seun Abraham Wanneburg gevolg. Hierdie seun, wat ook in Amsterdam gebore is, het op 30 Mei 1755 met Engela Eversdijk in die huwelik getree. Na die oorlyde van Engela, is hy vir die tweede keer getroud op 10 Desember 1769 met Rachel ROUSSELET. Abraham was die vader van ses kinders:
(1) Maria Anna (1770), getroud 10.4.1808 met Jan Hendrik Brinkhoff van Arnhem.
(2) Alida Johanna (1771).
(3) Petrus Johannes (1773), getroud met Sara Anthoinetta Graaf.
(4) Daniel Nicolaas (1778).
(5) Johannes Nicolaas (1778).
(6) Anna Christina (1781).

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:

 

 



 

  • Hits: 10017

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy