Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VERSVELD Willem Ferdinand

Willem Ferdinand VERSFELD, afkomstig van ‘s-Hertogenbosch, is op 12 Oktober 1745 gebore, seun van Arnoldus VERSFELT en Elselina Maria DE RAEFF. Hy het of in 1771 of 1773 in Suid-Afrika aangekom as private sekretaris van sy neef, Pieter, Baron van Reede van Oudtshoorn, destyds Goewerneur van die Kaap. Willem het hom in Malmesbury gevestig en in 1777 met Hilletje Hillegonda SMUTS, familie van generaal Smuts, in die huwelik getree. Sy was gebore 13.4.1749, dogter van Marthinus SMUTS en Aletta Geertruyda MOSTERT.

KINDERS:
(1)Aletta Geertruida (1778), getroud met Jacobus Johannes SMUTS.
(2)Willem Ferdinand (1780), getroud 25.4.1802 met Maria VAN REENEN te Malmes-bury; oorlede 15.9.1827.
(3)Elselina (1781), ongetroud oorlede.
(4)Jeanetta Wilhelmina (1782), getroud met Tobias SMUTS.
(5)Marthinus (1784), getroud 16.4.1809 te Kaapstad met Catharina Maria HOFMEYR; 5 kinders; oorlede 31.3.1859.
(6)Hilletje (1785), getroud met Johan Leonard WAHL.
(7)Arnoldus Lambertus (1786).

Willem Ferdinand VERSFELD is in 1 Maart 1787 in Kaapstad oorlede.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:

 

 



 

  • Hits: 9550

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy