Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VAN DER SPUY Melt

Melt VAN DER SPUIJ (VAN DER SPUY), gedoop 4.4.1688 in Rotterdam (Nederland), seun van Jacob VAN DER SPUIJ en Cryntje VAN LEEUWEN, en vernoem na sy oom Mel(d)t Janse VAN LEEUWEN. Melt kom op 26 Mei 1708 as soldaat in die Kaap aan op die skip De Donauw, maar het weer in 1713 op die De Kiefhoeck teruggekeer as adelbors. Hy word in 1714 burger, en is luitenant van die Burgerkavellerie. Hy was ‘n ondernemende sakeman, en ondermeer pagter van ‘n kwart gedeelte van die wyn- en brandewynlisensie. Hy is oorlede op 26.10.1734, en is in die kelder van die kerk in Kaapstad begrawe. Melt trou op 14 Junie 1716 met Maria VAN DER POEL, gebore 7.2.1694, oorlede 23.8.1770, dogter van Pieter VAN DER POEL, van Leiden (Nederland) en Johanna VIANDT, van Amsterdam (Nederland). Daar is agt kinders uit die huwelik.

KINDERS:
b1 Johanna Crijna (1717), getroud met Willem POOL.
b2 Jacobus (1719), burger te Drakenstein en getroud met Susanna MEYER, die wedu-wee van Johannes VAN BAARSENBURG; 3 dogters.
b3 Petrus (gedoop Kaapstad 23.11.1722, oorlede Stellenbosch 4.3.1809), was die eerste gebore Afrikaner wat (na 15 jaar opvoeding en studie in Nederland) predikant geword het van die Kaapstadse gemeente - van 1746 tot 1752 (toe hy die eer het om die eeufeesrede van die Kaapse Kerk te doen), asook een van die eerste leraars van die ou Drakensteinse gemeente van 1753 tot 1781. Getroud met Maria Elisabeth ADLEDA; (3 dogters, 1 seun). Volgens die troudatum van 19.1.1783, was Petrus toe reeds oor die 60 jaar oud.
b4 Maria (1724), getroud 10.2.1743 met Jan Frederik PRISCELIUS, van Mecklenburg.
b5 Johannes (1725).
b6 Marthinus (1727), burger te Stellenbosch en getroud met Maria Petronella STEEN; 6 kinders.
b7 Johannes Cornelis (1729), getroud 15.1.1758 met Magdalena DE WAAL en hertrou 23.10.1768 met Maria Elisabeth LOUW, die weduwee van Jacob VAN REENENZ; 3 kinders.

VERWYSINGS:
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)
SA Biografiese Woordeboek, deel II, RGN (1972)
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

 

 

 



 

  • Hits: 10942

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy