Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VAN DER BIJL Gerhard Pieterzoon

Gerhard Pieterzoon VAN DER BIJL (* ca. 1640 in Overschie, omtrent vier myl van Rotterdam, + voor 29.4.1698, hoogs waarskynlik op Stellenbosch, en in die ou kerkhof, tussen Kerk- en Pleinstraat, begrawe, x ca. 1660 in Holland Sophia VAN DEN TEMPEL (?-18.8.1701). Aankoms aan die Kaap: wanneer en in watter hoedanigheid, onbekend. Versoek Kaapse owerheid voor 23.3.1668 om sy vrou en enigste kind, Pieter, toe te laat om van Rotterdam na die Kaap te kom.

Woon eers in Kaapstad. Word in Julie 1669 op eie versoek as geregsbode aangestel. In dieselfde jaar as diaken en in 1675 as ouderling van die Kaapse gemeente gekies. Hy koop in of voor 1672 "n stuk grond onder Duiwelspiek (in die transportakte genoem Windberg), hy of sy seun noem dit (die stuk grond) Varietas; hy en Pieter besit dit oor die 50 jaar. Later , na sy vertrek Stellenbosch toe, word nog twee erwe in Kaapstad aan hom getransporteer. Word in 1677 lid van die Burgerraad.

Verhuis in April 1680 na Stellenbosch; een van die eerste drie boere van S. Noem sy plaas Vredenburg (52 morg 141 vk. roede groot, geleë aan die noordelike oewer van die Eersterivier) eers op 29 Februarie 1692 aan hom toegeken. 1682 as een van die eerste vier heemrade van S. aangestel. 1686 as eerste ouderling van die gemeente van S. gekies.

b1 PIETER VAN DER BIJL, enigste kind van die stamouers, (* 1.1.1661 Overschie, Holland, + 9.10.1723 Stellenbosch, waarskynlik ook in ou kerkhof begrawe), x 29.8.1688 Kaapstad Anna Sophia Bosch (*
26.6.1672 Kaapstad, + 17.3.1701 Stellenbosch, xx 1702 Hester Terwinkel (* 1673 Zutphen, Holland, + 1.12.1743 Stellenbosch.

BYDRAE
Japie Coetsee japieria@iafrica.com

BRONNE
Johannes van der Bijl, VAN DER BIJL / 1667-1967 - Geslagsregister/Genealogy (A.A. Balkema, Kaapstad, 1968)

 




 

  • Hits: 10609

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy