Skip to main content

logo new

Surnames H to J

JUTA, Jan Carel en Coenraad Jacobus

JUTA, Jan Carel en Coenraad Jacobus

Die ouers van die twee Suid-Afrikaanse Juta stamvaders was Hubertus Johannes Juta *4 Jul 1796 Zaltbommel, Gelderland, +15 Feb 1877 Zaltbommel X Maria Albertina Offers *27 Mar 1792 s’Hertogenbosch, +21 Apr 1879 Zaandam, Nederland.

Hul vyf kinders, waarvan die oudste en die derde hul na Suid-Afrika gewend het:

1. Jan Carel *23 Mar 1824, +8 Apr 1886 Chiswick, London, Engeland

2. Albertus Helenus *1825, +15 Apr 1832 Zaltbommel

3. Coenraad Jacobus *3 Apr 1827, +8 Sep 1889 Suid-Afrika

4 Hubertus Johannes *1828

5 Wilhelmus *1829, +21 Des 1874 Zaltbommel

Jan Carel Juta, is op 23 Mar 1824 in Zaltbommel, Gelderland gebore en sterf op 8 Apr 1886 in Chiswick, London, Engeland. Hy was met Louise Marx *12 Nov 1821 Trier, Rheinland, + 3 Jul 1893, Rondebosch, Kaap getroud - sy was die suster van Karl Marx.
Jan Carel keer hom in 1853, op aanbeveling van sy broer Coenraad Jacobus, na die Kaap, nadat hy die Regte in Nederland bestudeer het. Op pad na die Kaap het Jan Carel en Louise, pas ná hul huwelik in Junie 1853, in Engeland by Karl Marx asook Friedrich Engels aangedoen; laasgenoemdes was die grondleggers van die teorie van Kommunisme.
Jan Carel was die stigter van die bekende uitgewery en boekhandelaar, J.C. Juta & kie. in 1853; die firma wat hy vir 30 jaar lank bestuur het en wat in die jaar 2020 steeds bestaan.
                                                                       Louisa Jan Carel 
                                                                 

Jan Carel en Louisa se 7 kinders:

1 Henriette Maria ~4 Jun 1854 Kaapstad
2 Jan Carel ~10 Feb 1856 Kaapstad
3 Wilhelmina 
4 Henricus Hubertus (Henry Hubert) ~20 Sep 1857 Kaapstad, +16 Mei 1930 Sussex, Engeland.

Uit die Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967:

“Sir Henricus Hubertus Juta (1857–1930) was 'n speaker en regter van die Kaapkolonie. Hy is gebore in 1857 in Kaapstad en is die seun van Jan Carel Juta. Juta ontvang opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en die Universiteit van Londen. Hy is op 26 Januarie 1880 toegelaat tot die Inner Temple en begin in dieselfde jaar in die Kaap praktiseer. In 1894 word hy Prokureur-generaal en van 1896 tot 1898 was hy Speaker van die Kaapse Volksraad. Hy word senior advokaat in 1893 en word in 1913 Regter-president van die Kaapse Provinsiale Afdeling. Hy is in 1920 aangestel in die Appélafdeling en tree in 1923 af. Hy is oorlede op 16 Mei 1930.”
Henricus Hubertus was die skrywer van ‘n speurverhaal “Off the Track”, (London, 1895) onder die skuilnaam Jacques Aanrooy.

5 Louise Emilie *20 Des 1861

6 Coenraad Jacobus ~31 Jan 1864 Kaapstad

7 Helen Albertina



Coenraad Jacobus Juta, skeepskaptein en jongste broer van Jan Carel Juta, is op 3 Apr 1827 in Zaltbommel gebore, kom aanwal nadat sy skip aan die Kaap gestrand het, en sterf op 8 Sep 1889 Pretoria. Hy was met Renette Johanna Margaretha Biccard *17 Aug 1840 Durbanville, +19 Aug 1923 Pretoria, getroud - sy was die kleindogter van die stamvader Ludwig Gottlob Biccard *4 Des 1772 Hanover +20 Jan 1818 Kaap en Reinetta Wilhelmina Duminy *22 Sep 1789 +5 Jun 1863. Reinetta was die dogter van die stamvader Francois Renier Duminy *4 Okt 1747 Lorient, Bretagne, Frankryk en Johanna Margaretha Nöthling *29 Jun 1757 +25 Feb 1807 Kaapstad, laasgenoemde die dogter van stamvader Benjamin Nöthling *ca 1725 Deetz, Brandenburg +21 Jul 1778 Kaap en Johanna Lombard ~10 Apr 1729 +Kaap.
Coenraad Jacobus was die ZAR se minister van oorlogsake, het in 1877 die minister van openbare werke geword, was sekretaris van die Volksraad en die hoofbalju tot sy dood in 1889.

Coenraad en Renette het 10 kinders gehad:

1 Hubertus Johannes *25 Jul 1860 Durbanville, +29 Mei 1888 Malmesbury X Josephine Hester Elizabeth Lehmkuhl *22 Sep 1861 Prince Albert, +5 Feb 1933 Kaapstad - sy was die dogter van die stamvader Frederick Daniel Lehmkuhl *6 Sep 1822 Duitsland, +2 Mar 1885 Parys, OVS en Petronella Catharina Moore ~7 Des 1828 Uitenhage, Kaapkolonie +26 Sep 1909 ‘Paardekraal’, Kroonstad OVS, laasgenoemde die dogter van stamvader William Moore *8 Sep 1795 London, Engeland (1820 Setlaar).

2 Maria Albertina Offers *18 Jun 1862 Durbanville, +15 Jul 1928 X Carl Ludwig Theodor Abraham Jeppe *Mar 1858 Rostock, Mecklenburg-Schwerin, +12 Jul 1933 Pretoria

3 Francois Louis Carel Biccard *16 Jul 1863 Swartland, +9 Okt 1933 Pretoria

4 Jan Carel *6 Des 1867 Kaapstad, X 19 Apr 1899 Pretoria Marion Sinclair David *Sep 1873 Wallis, +2 Aug 1927 Johannesburg.

Angie Kleijn skryf in die Bronberger: “Jan Carel (Calla) Juta, is op die ouderdom van 19 jaar deur Paul Kruger as Johannesburg se eerste kriminele landdros aangestel. Hy het later hooflanddros van Johannesburg geword en was ‘n stigterslid van die Rand Club.”

5 Auguste Wilhelmina Magdalena *3 Jan 1859 Kaapstad, X Richard Kelsey Loveday *4 Aug 1854 Pietermaritzburg, +10 Jul 1910 Pretoria. Die ZAR Volksraad aanvaar in 1895 Richard Kelsey Loveday se mosie wat tot die proklamasie van die Sabie Wildtuin, later die Kruger Nasionale Park, lei.

6 Coenraad Jacobus *26 Feb 1866

7 Carel Wilhelm Thalman Biccard *7 Jul 1872

8 Renette Johanna Margaretha Biccard *8 Jun 1870

9 William 

10 Wilhelmina Aurelia Louise * 1879 X 19 Mar 1902 Pretoria, Gerard Hendrik Rissik *1868 Utrecht, Nederland.

Bronne:

1 Nasionale Argief van Suid-Afrika (NAAIRS aanlyn)
2 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
3 Fotos van Jan Carel Juta en Louise Marx ontleen uit: Juta and Company, Corporate Heritage Profile, JUTA_HERITAGE.PDF
4 South African History Online, sahistory.org.za
5 Liezl Wildenboer, The judicial officers of the Transvaal High Court, 1877-1881, January 2019, Fundamina 25(2)
6 Christopher Saunders, Juta, Jan Carel (1824-1886), bookseller, Oxford Dictionary of National Biography 2004.
7 Nationaal Archief, Den Haag, Stamboeken Officieren van de Koninlijke Landmacht en van de koloniale troepen in Nederland
8 Gelders Archive in Arnhem (Netherlands), Civil registration births, Zaltbommel
9 Gelders Archive in Arnhem (Netherlands), Civil registration deaths, Zaltbommel
10 The Edinburgh Gazette, Januarie 3, 1911
11 Angie Kleijn, Die Bronberger (aanlyn), 25 August 2015
12 Biblioteek van Kolonel H.C. Juta *1900 +1967, kleinseun van Coenraad Jacobus Juta *1827, in besit van Johannes G. Bosch.

Saamgestel deur:
Johannes G. Bosch, Virginia, VSA
September 2020

  • Hits: 3955

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy