Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KOEN (Johannes) Casparus

 

(Johannes) Casparus (Kaspar) KOEN (s.v. Conrardi Koen & Elisabethae Baarin) . ≈  15.10.1724 Bettviller, Moselle, Frankryk.
(Moselle is reg op die noorde punt van die Alsace area op die grens van Duitsland)
Bleikbaar het Casparus vanaf Roset vertrek toe hy as soldaat aangesluit het op die Hollandse oorlogs skip die ‘Huis te Rensburg’. Die skip self het vanaf Rammekens, Nederland, vertrek 22.05.1741 en in 04.11.1741 by die Kaap aangekom. Casparus is 05.09.1747 uit diens uit toe hy ‘n vryburger van die Kaap geword het. Hy het homself as ‘n Duitser gesien maar kon vir seker Frans ook praat. Sy vrou was van Franse afkoms gewees. Hy het gewoon Stellenbosch x NG Kerk Drakenstein, deur Ds. Salomon van Echten 22.09.1748, Anna Maria CORDIER (CORTJE) *1726 † 1770 Paarl (d.v. Philippus CORDIER ≈ Drakenstein 26.10.1698  (hy was die sv. Louis CORDIER en Françoise MARTINET. Franse Hugenote van Champagne.) x Kaap Provinsie 1714, Elizabeth MALHERBE ≈ 01.12.1697. † Swellendam Maart 1783.
(Elizabeth was die d.v. Gideon MALHERBE  *1663 † 1723 x Marie GRILLION *1669 † ± 1735 Altwee van Loans, Dreux, Euro-Et-Loir, France. Hy het met die skip  “Voorschoten” wat in April 1688 die Kaap bereik het die land ingekom.)

 b1. Elizabeth *Kaap Provinsie. ≈  17.11.1748. Lidmaat te George 30.09.1815 »»Kinders (8) x Tulbagh. 11.05.1767 Gerrit KNOETZEN  ≈  27.11.1746.

b2. Johannes Petrus * KP 1750 ≈  Stellenbosch 30.08.1750. Hy was ‘n geregs bode in Stellenbosch. Gewoon Roland,. Kaap. Sy ouderdom is aangegee as 64 jaar oud met huwelik in 1814 en as wewenaar aangedui »» Kinders (5) / (geen bewys van huwelik nie) x Stellenbosch ± 1772. Maryna Geertruy (Geertruij) (Maria) BEYERS.(dv. Andries BEYERS en Femma MEYHUIZEN. Andries was die kleinseun van die stamvader Andries BEYERS en Catharina VRYMAN VAN DE KAAP. Sy was die weduwee van Jacobus CORDIER.) *± 1744 = Stellenbosch. Kaap.  23.02.1744. Hulle derde kind saam is as “Onecht” aangegee.
xx Kaap van Goeie Hoop. ± 1780 Catharina (Kaatjie) VAN DER KAAP Ook geen bewys van ‘n huwelik hier nie Maar hy is as wewenaar aangedui met volgende huwelik
xxx Huwelik goedegekeur Swellendam Landdros 26.11.1814 Hermina Susanna VAN VOLLENHOVEN = 25.12.1970 (dv. Hendrik Anthonie VAN VOLLENHOVEN = 22.07.1936 x 04.05.1760 Martha Susanna DU TOIT - Sy was eers getroud gewees 20.09.1789 Johannes Matthys EBERSOHN van Fichen, Duitsland)  

b3. Philippus Wilhelmus ≈ Stellenbosch 04.03.1753. Doop getuies:- Willem Boshoff en Martha Cortier. Gewoon Waveren. Kaap.  »»Kinders (6) x Swellendam 16.02.1777  Martha STEYN ≈ Swellendam 21.11.1762 (dv. Hans Jurgen STEYN ≈ 21.02.1740 † 25.03.1804 x Tulbach 29.10.1761 Christina VAN ZYL ≈ 24.03.1737 † ± 1776)

b4. Anna Dorothea *Swellendam 1755≈ Swellendam 16.03.1755 »»Kinders (3) x Stellenbosch 03.01.1773 Reynier CARELSE  ≈ Paarl  03.10.1750 

b5. Maria Susanna ≈ Stellenbosch 01.05.1757»»Kinders(12) x Stellenbosch 12.11.1775 Adam BARNARD  ≈ 01.03.1750 † 01.10.1814

b6. Dorothea Elizabeth *Stellenbosch 01.01.1760 ≈ Stellenbosch 03.08.1760 † 07.10. 1790 »»Kinders (3) x Stellenbosch. 30.06.1782. Daniel Hermanus STEYN (STEIJN ) ≈ 17.08.1752 † Swellendam 29.04.1824  (sv. Hermanus STEYN & Martha POTGIETER) 

b7. Martha Maria Catharina ≈ Stellenbosch 23.01.1763 . Gewoon Cabo. Kaap. »»Kinders (7) x Stellenbosch. 22.04.1781 Jacobus Adam BOTHA *KP. 04.03.1759 (sv. Marthinus Christoffel BOTHA≈ 6.2.1729 x 9.10.1757 Sara Maria BARNARD) 

b8. Casparus Jacobus (Casparus Jacobus gedoop maar partykeer Jacobus Casparus genoem) * ± 1765. ≈ Stellenbosch 30.06.1765. Doop Getuies:- Sy Ma se broer Jacobus Cortier, Sy oudste broer Johanna Petrus Koen en sy vrou Maryna Geertruy Beyers, en Johanna Lombaard. Gewoon Swellendam. Gewoon Waveren. Hy was ‘n hout Kapper gewees. »»Kinders (12) x Tulbach 18.10.1786. Sara Maria BOTHA ≈ 11.12.1768 (dv. Marthinus Christoffel BOTHA & Sara Maria BARNARD) 

b9. Louis Johannes (Jonas) *Breedrivier. Swellendam 01.06.1767 ≈ Stellenbosch 15.11.1767 † By sy oudste dogter en haar man (Marthinus Botha) se plaas ‘Voorbouy’. Field Cornetcy, George. Outeniqualand. Kaap Provinsie. 11.07.1840. Hy het as getuie geteken by sy broer Casparus se doop van sy oudste seun (Casparus Jacobus) en sy naam is daar aangegee as Johannes Koen. Jonas is net ‘n noem naam. Gewoon Stellenbosch. »»Kinders (9) x Swellendam 03.04.1791 Susanna Magdalena BEUKES *1774. ≈ Stellenbosch 28.08.1774 † Kluitjieskraal. Swellendam 18.06.1836 (dv. Gerhardus BEUKES & Elizabeth WILLEMSE)

b10. Elizabeth Christina * Stellenbosch ≈ Stellenbosch 16.09.1770. Doop getuie: ouer broer Philippus Wilhelmus Koen. (Sy was Elizabeth Christina gedoop, Christina Elizabeth op haar s/k en Catharina Elizabeth op haar huweliks sertifikaat met Philip Kemp) † Calitzdorp 12.12.1851 (Sy was verkeerdelik as c 97 jaar oud aangedui op haar s/k. Die person wou dalk gesit het c 79 jaar oud) x Hendrik BEUKES ≈10.11.1748 † 1828 (sv. Johannes Hendrik BEUKES *10.10.1706 Burger Stellenbosch x 30.10.1740 Catharina SCHENK) Haar tweede huwelik sê dat sy 10 maande lank ‘n weduwee was xx Swellendam Landdros goedkeuring vir huwelik gegee 05.09.1829 Phillipus Arnoldus KEMP ≈ Stellenbosch 06.10.1776. Hy was 52 jaar oud gewees ten tye van die huwelik (sv Gerhardus KEMP ≈ 13.07.1738 x 22.5.1763 Johanna Geertruy DE JAGER). Geen kinders van die eerste of tweede huwelik nie. 

KOEN FAMILIE STAMBOOM 

Die Alsace area was deel van Duitsland totdat Lodewyk X1V op die troon was (1638-1715) en dit aan Frankryk gegee was. Dit was weer deel van Duitsland na die  ‘Franco-Prussian’ oorlog(1870-1871). Dan weer Frans na die verdrag van Versailles  aan die einde van die eerste wêreldoorlog. Duitsland het dit terug geneem gedurende die 2de wêreldoorlog maar aan die einde van die oorlog toe word dit weer deel van Frankryk. Alhoewel die Alsace area gedurende die begin van 1700 deel van Frankryk was het die Koens Duits gepraat, en hulle self as Duitsers gesien.

Obernai is die naam digby Strasbourg waar Bettviller gelee is.  Onder steek die provinsie van Franche-Comté uit.  Nou min of meer daar waar die ‘é’ eindig, is Roset Fluans. Nie vreeslik vêr van mekaar nie.  Dit is seker waar Casparus, of sy familie, heen getrek het en Casparus het daar vandaan vertrek toe hy Suid Afrika toe gegaan het. Ek dink dit is waar die verwarring inkom of hulle nou Frans was of Duitsers. Met Alsace wat voorheen Duitse area was kan ons dan seker staatmaak op dubbelle status.

Daar was 3 x Koen broers (Conradi, Adami en Petri) wat saam in Bettviller, Moselle, France (in die Alsace area) gewoon het. Daar is vermoed dat hulle ouers was Adam Kuhn en Agnes Forter. Adam Kuhn se ouers was  Johannes Kuhn *1637 † 1682 en Otillia Ritter, altwee van Werbach, Baden, Duitsland. Die 3 x broers was,Conrardi (die vader van Casper ≈  1722 † en Casparus KOEN ≈ 15.10.1724), Adami (die vader van Anna Elisabetha Koen ≈ 19.05.1724 en Andreas KOEN  ≈. 03.08.1726) & Petri (die vader van Maria Magdalena KOEN ≈. 29.05.1724 ) Dit wil voorkom Conradi het nog 2 x broers nl. Johannes en Nikolaus gehad en 3 x susters gehad Otillia, Marghareta en Maria (Dus 8 kinders alles te same)

Conrardi Koen het ‘n seun gedoop 1722 genoem Caspar maar hy is oorlede. Toe is sy volgende seun Casparus 15.10.1724 gedoop.

Hier is ons stamvader Casparus KOEN se registrasie van sy doop by die Latterday Saints se dokumente  van die Katolieke kerk. In die doop boek is dit alles in Latyns geskryf

Name: Casparus Koen

Gender: Male

Baptism/Christening date: 15 Oct. 1724

Baptism/Christening Place: BETTVILLER, MOSELLE, FRANCE

Father’s name: Conrardi Koen

Mother’s name: Elisabethae Baarin

Indexing Project (Batch) No. C83640-1

System Origin: France-Easy

Source film number: 1170372

Hy het by sy oudste seun Johannes Petrus (11b) se doop net sy naam as Casper gegee. Nie Johannes Casparus soos hy later geken was nie.

https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-267-12336-15261-61?cc=1478678

Nagevors en saamgestel deur;

Lee McGovern.

  • Hits: 15546

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy