Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MARITZ Johan Henrich

Johan Henrich MARISSE (word later MARITZ, MAURITZ, en MORITZ) word op 27 Maart 1696, as seun van Johann
Henrich Marisse, te Barntorp(nou Barntruppe) Lippe, Duitsland gebore. Sy moeder was Elizabeth Catharina Kroisen, edelvrou. Hy is een van vyf kinders. Sy ouers kom oorspronklik van Zutzendorf, was Rhin in Frankryk af. Hule word lede van die Gereformeerde Kerk (Evangelische Reformeerd Kirche) en gaan dan na Barntorp, Lippe Duitsland. Johann later genoem Jan Maritz, kom aan boord "Raadhuijs van Vlissingen" in 27 April 1718 na die Kaap. Johann (Jan) Marits het, om sy skeepsfooie te kon betaal, hom as "n soldaat van die Oos-Indiese Kompanjie in diens laat neem teen nege gulden per maand. Hy dien sy tyd as Soldaat aan die Kaap uit, en na sy troue be oefen hy sy beroep as kleremaker.

Aan die einde van 1724 nader hy die waarnemende Kaapse gesaghebber, Jan de la Fontaine en die politieke raad
met n versoek om ontslag uit owerheidsdiens. "Veroond met veel eerbiedigheid u Ed. Agtb. seer onderdanigen dienaar Jan Mourits Maairirs....hoe hy supplt. vermeind onder Godes zeegen in staat te weesen met deeselfs kleedermaakers ambagt foor hem en zijn huijsvrouw op een behoorlike wijse de kost te kunnen winnen, ende te aansien des Zupplts. verbonden tijd al voor lange is kommeen te expireere, soo neemt hij die Vrijheid sig in alle nedrigheijd te wenden tot u Ed. Agtb., oodmoedig suppliceerende dat deslevde van goedhied gelieven te sijn hem uijt sComps. diens te largeerden, en als burger deser plaatse te stellen". Hy trou in 1724 met Barendina LABUSCHAGNE van Enkhuizen, Nederland. Sy broers en ander familielede het na Engeland en Nederland gegaan. Hy is n kleremaker van beroep, en het vier kinders gehad.

KINDERS
b1 Johannes Stephanus, +Stellenbosch, 1 Julie 1725 x 14 Nov 1744, Elsje van der Heyden wed. van Leonardus
Louw xx Kaapstad 13 Oct.1765, Martha Maria Pienaar.
b2 Catharina Magdalena = Paarl 28 April 1726 x Johannes Smit
b3 Hans Hendrik = Paarl, 12 Julie 1727 x 25 Mei 1756 Henddina Monk, wed. Willem van Wyk.
b4 Maria Margaretha = Paarl 11 Sep. 1729 + Waveren. 28 Maart 1797 x Gert Visser

Hy woon na sy ontslag in Drakenstein van 1725-1729, waar drie van die kinders gebore is. Hul vierde kind
is in 1929 in Kaapstad gebore. Na "n huwelikslewe van elf jaar is Barendina oolede en Jan Maritz moet vier
minderjarige kinders alleen grootmaak. Binne nege weke nadat Barendina se boedel afgehandel is, is Jan ook oorlede. die kinders is arm nagelaat. Blykbaar het van die Labuschane Ooms en tantes die
kinders versorg, Pieter Labuschagne en Maria Anna Pavout.

Die Maritz familie is baie groot en het verskeie geskiedkundige figure opgelewer.

Bronne:

Bydrae:

Navorsing:
Isebelle E Krauss iekrauss@yahoo.com




 

  • Hits: 11399

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy