Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MAASDORP Christian

Christian MAASDORP / MATZDORF Hy was gebore c 1674. Hy kom by die Kaap aan 1697 as "n matroos. Van 1701-1705 was hy "n wamaker. In Mei 1719 word hy "n sersant van die Burgermag. Hy kry die plaas Watervliet in die Drakensteinse distrik. Hy trou in Kaapstad 28 Mei 1702 met Maria BASSON, sy was "n dogter van Arnoldus Basson. Hy trou die tweede keer in Kaapstad 3 Desember 1713 met Helena VAN DER MERWE (weduwee van Jacobus van As). Hy trou die derde keer in 1723 met Cornelia VILJOEN (weduwee van Hercules Viljoen)

KINDERS:
b1 Arnoldus gedoop 15 Mei 1710, X 16 Mei 1734 Anna Sophia van Brakel, XX 21 Aug 1749 Anna Sophia de Vos, XXX 6 Feb 1752 Elsabé le Febre
b2 Christiaan gedoop 25 August 1715, X 21 Feb 1745 Anna Margaretha de Jong
b3 Christina gedoop 7 Mei 1719, X 15 Feb 1739 Nicolaas Vlok

Toe Maasdorp met Helena van der Merwe getrou het, word hy die einaar van haar man se plaas Wittenberg, in Suid Paarl, asook die plaas Nuwedorp, Groot Drakenstein. Maasdorp verkoop Wittenberg op 2 Julie 1716 aan sy swaer Schalk van der Merwe. Maasdorp verkoop ook Nuwedorp 6 November 1716 aan Heinrich Scheffer.

Bronne:
Heese en Lombard
JG le Roux en WG le Roux Suider Paarl: Ons Drakensteinse Erfgrond
JG le Roux en WG le Roux Groot Drakenstein: Ons Drakensteinse Erfgrond

Saamgestel deur:

 

  • Hits: 12587

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy