Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DE MEILLON, Henry Clifford

Die oorsprong van die naam "de Meillon"  is nog nie presies vasgestel nie. Familie oorlewering wil dit hê dat ons van Franse afkoms is net omdat daar n dorpie met die naam "Meillon" is. Na deeglike navorsing is gevind dat die dorpie eintlik sy oorsprong het van 'n spanjaard Alfonse Meillon. Soos afgelei kom hy van Spanje en het na Frankryk gevlug en net anderkant  die Pyrenees berge wat die grens tussen Spanje en Frankryk gevorm het, `n hotel onderneming begin naby PAU. Die dorp is later na hom vernoem. Sy seun gebore 30 Augustus 1862, met dieselfde naam het die Hotel onderneming by sy vader oorgeneem.

Dit is ook moontlik dat die naam De Meillon `n mexikaanse oorsprong kan hê aangesien daar ook Meillon`s daar teenwoordig  is.

Henry Clifford De Meillon, die voorvader van die De Meillon familie is in baie omstrede  omstandighede in die wereld gebring. Sy moeder Anna Sophia Watts wat gebore is op 28 Nov 1776, het tydens sy geboorte in St. James, Westminister, Middlesex, London gewoon. Henry Clifford is gebore in Desember 1800 en is gedoop op 21 April 1802. Sy doop inligting wys dat sy vader is Henry of Henri de Meillon was. Geen huwelikssertifikaat kon gevind word nie. Gerugte het die rondte gedoen dat sy pa in die Pondicherry Oorlog in Indië oorlede is, maar geen bewyse kon daarvoor gevind word nie.

Henry Clifford se skooldae is onbekend maar al wat ons weet is dat hy op 20jarige ouderdom op 7 Oktober 1821 as vrywillige klerk by die Britse Vlootskip ,H.M.S. LEVEN, aangesluit het. Na verskeie kere se ontslag en her-aanstellings en rang veranderings, het hy op 9 Februarie 1822 met die rang van Tweede Meester op die H.M.S. Leven, diens gedoen.

Die H.M.S. Leven het van die hawe van Plymouth op 13 Februarie 1822 vertrek om te reis om die suidpunt van Afrika tot by Madagaskar.  Die doel van die missie was tweeledig nl; dat hulle moes ondersoek instel na slawerny in die omgewing en dan tweedens moes hulle deur middel van wetenskapslike wat saam gevaar het, voorbeelde van plante en waar moontlik sketse van die plantegroei versamel. Dit is hier waar Henry Clifford se opdrag gekom het om sketse te maak sover as wat hulle op see en land gevaar het.

Hul vaart het gestrek van Engeland na die kus van Spanje, die Kanariese Eilande, van Rio de Janeiro tot by Simonstad waar voorrade aangevul is. Daarvandaan vaar hulle om die suid en ooskus van Suid Afrika tot by Madagaskar. Na al hul wedervarings daar keer hulle  terug na Simonstad op die 7de April 1823.

Dit is ook hier op 6 Mei 1823 waar Henry Clifford sy ontslag gekry het weens hoë koors en sy lewensbestaan in Suid Afrika begin het. Hy het as tekenaar verskeie omgewings en mense geskilder. Hy het as onderwyser diens gedoen by Groot Constantia onder destydse eienaarskap van Jacob Pieter Cloete.

Dit is dan op 26 Julie 1828 op Swellendam wat Henry Clifford in die huwelik bevestig is met Nicolasina Judith Hermina Grobbelaar. Uit hierdie huwelik  is een seun ook genaamd Henry Clifford gebore op 8 Junie 1825. Grobbelaar kom te sterwe erens in 1833.

Op 10 Okt 1833 tree hy in verhouding met Barbara Johanna Wilhelmina Jacomina Fredrika Ensilen gebore 3 Aug 1816. Volgens hierdie ooreenkoms was daar reeds twee kinder nl: Anna Christiana gebore 1834 en Frederick Albertus gebore 31 Augustus 1836.

Hul wettige huwelik het eers plaasgevind op 23 Sept 1839 in die distrik Albanië. Henry Clifford Snr. het baie rondgetrek op soek na werk.

Sy volgende kind was George gebore 15 Jan 1841 te Pearston.

Die volgende seun was Charles gebore 31 maart 1846 te Fort Beaufort.

Daarna was dit Johannes gebore Feb 1842 te Seymore, Ooskaap.

Charles is gebore 31 Mar 1846 te Fort Beaufort.

Elizabeth Albertha gebore 1849 te Fort Beaufort en Petrus Johannes gebore 29 Nov 1851 te Port Elizabeth.

Sy vrou barbara is oorlede 23 Des 1887 te Prieska.

Henry Clifford snr. self het afgesterwe op 31 Mei 1859 te Port Elizabeth.

My boek " De Meillon Family History" gee die navorsing volledig.

Bronne:

1) The National Archives, Pretoria. RSA

2) Cape National Archives

3) Book: Echoes of Slavery: Voices from South Africa's Past By Jackie Loos

4)  Clarke’s Africana & Rare Books by P V Mills, P.O. BOX 186, CONSTANTIA, 7848, SOUTH AFRICA

5) Smith (A.H.) Cape Views and Costumes.  Water-colours by H.C. de Meillon in the Brenthurst Collection Johannesburg. The Brenthurst Press, 1978

6) HMS Leven.   History and photographs of the Royal Navy Destroyer HMS Leven including photographs

7) http://www.pbenyon.plus.com/18-1900/L/02705.html

8) Botanical Exploration Southern Africa - By Mary Gunn, L. E. W. Codd. John Forbes 1798-1823.

9) http://www.genealogie.com/nom-de-famille/MEILLON.html

10) 26) The National Archives - Admiralty, Navy, Royal Marines, and Coastguard.

11) O`Byrne, W. J.: A naval biographical dictionary (London 1849)

12) Burrows, E.H. captain Owen of the African Survey (Rotterdam 1978)

13) Simon`s town historical society – Bulliton – page 6 & 7

14) Narrative of a voyage of discovery to Africa and Arabia, performed in His Majesty's ships, Leven and Barracouta, from 1821 to 1826, under the command of Capt. F. W. Owen


Saamgestel deur Clarence De Meillon: cdmhome@yahoo.com

  • Hits: 4639

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy