Skip to main content

logo new

Surnames D to G

FERREIRA Ignatio Leopold

Ignatio Leopold FERREIRA die van beteken beteken "smid" of hoefsmid". Hy was gebore om en by 1696 in Lissabon in Portugal. Hy was "n matroos op die skip Chandos. In die nag van 16 of 17 Junie 1722 het hierdie skip naby die Kasteel gestrand. In die storm het 11 skepe gesink en 660 mense verdrink. Slegs twee bemannning lede van die skip Chandos het verdrink. Daar is ook "n ander weergawe dat hy op die skip Sarpine was wat skipbreuk gelei het in 1691.

In die Kaap word hy genoem "Ignas".

Hy werk as knecht vir Nikolaas Gockelius (1725 - 1727), asook vir Anna de Koning de weduwee van Olof Bergh (1734 - 1735), ook vir Jan Pienaar (1735 - 1736)

Hy trou 6 November 1735 op Stellenbosch met Martha TERBLANCHE, dogter van Ettienne Terblanche en Martha le Febre.

In 1748 kry hy die veeplaas De Hartebeest Kuijl, geleë oorkant Gouritzrivier. Hy sterwe 24 Mei 1772 "over de Berg"

KINDERS
b1 Maria Margaretha gedoop Paarl 30 Aug 1733, X 21 Nov 1751 Frans Haarhof, XX 18 Apr 1762 George Friederich Rautenbach
b2 Jan Leopold gedoop Paarl 17 Apr 1735
b3 Petrus Hendrik gedoop Paarl 5 Aug 1736, X 28 Des 1760 Catharina Maria van Staden, XX 23 Jan 1780 Martha Johanna Muller
b4 Martha Jacob gedoop 22 Feb 1738, X 30 Okt 1756 Gerrit van Rooyen
b5 Hester gedoop Paarl 18 Jun 1741, X Andries du Preez, XX Johan Jacob Kritzinger
b6 Thomas Ignatuis gedoop Paarl 17 Nov 1743, X 21 Okt 1763 Maria Dorothea Marx
b7 Stephanus gedoop Paarl 20 Feb 1746, X 3 Maart 1765 Jocomina Aletta Muller
b8 Salomon gedoop Paarl 23 Feb 1749, X 23 Feb 1772 Sara Elizabeth Muller, XX 18 Feb 1781 Magdalena Lindeque
b9 Ignatuis Wilhelm gedoop 17 Okt 1751, X 7 Maart 1775 Aletta van Staden
b10 Susanna ELizabeth gedoop 19 Aug 1754, X 18 Maart 1770 Cornelis Johannes Muller

Verwysings:
OJO Ferreira "Ignatio Leopold Ferreira (ca1696-1772) - Portugese Skipbreukeling wat die Stamvader van "n Afrikanerfamilie geword het" Familia XXVII no4
Heese en Lombard

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

  • Hits: 12438

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy