Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DE LA REY Pieter

PIETER DE LA REY
Gebore 22 Feb 1766 Utrecht, Holland; Oorlede in Kango (Oudtshoorn) 15 Maart 1842

Hester NEL (*5 Mei 1782), jongste dogter van Johannes Petrus Nel en Cecilia Johanna du Preez, is op 10 Feruarie 1799 getroud met Pieter de la REY wat uit Utrecht afkomstig was en vermoedelik as skoolmeester vir Nel se kinders opgetree het.

Hulle het op "Voorgedacht" gaan woon, totdat hy op 15 Maart 1842 in die ouderdom van 76 jaar en 21 dae oorlede is. Hy was Veldkornet van die Kangowyk en toe die Drosdy van George in 1811 opgerig is, her hy en Adam Raubenheimer van Saffranrivier die eerste Heemrade geword van die buurt wat vandag die distrik Oudtshoorn uitmaak.

Daar bestaan waarskynlik geen beeltenis van Pieter nie, maar hy moet sterk Joodse trekke gehad het, want in 1815 kla hy by die Kerkraad van George dat hy herhaaldelik "het verwijt moest hooren als behoorende tot her Jodendom". As uitlander kon hy geen doopseel of bewys van lidmaatskap van die Gereformeerde Kerk toon nie, maar "om dien laster te ontwijken" en die Heilig Nagmaal te kan gebruik, was hy heeltemal gewillig om hom weer in die waarhede van die Christelike godsdiens soos dit in die Gerformeerde Kerke bely is, te laat ondersoek. Hierby het hy 'n stellige verklaring by wyse van 'n eed gevoeg en gevolglik her die Kerkraad "geen zwarigheid" gevind om"zijn versoek te accordeeren" nie.

Pieter en Hester het 10 kinders gehad:

b1. Cecilia Johanna * Cango, Oudtshoorn 17.10.1799 ≈ Kaapstad 02.03.1800 † Bloemfontein 16.10.1873 x George 22.3.1818 Hendrik WESSELS * “Kleinrivierskloof dist. Caledon 27.7.1799 ≈ Swellendam 6.10.1799, kommandant † Winburg 5.5.1857 s.v.Johannes Wilhelmus Wessels en Geertruida Jacomina Swart

b2. Jacobus Hercules ≈ Swellendam 4.10.1801 † Vetrivier, O.V.S. 29.7.1858 (58.1.27) x 13.-Swellendam 13.07.1823 Maria Elizabeth VAN COLLER ≈ Swellendam 10.2.1805 d.v.Adolf Johannes van Coller en Cornelia Christina de Wit

b3. Cornelia Susanna ≈ Swellendam 9.10.1803 x George 22.3.1818 Nicolaas Johannes SWART ≈ 21.07.1799 † “Klipfontein”, dist. Bloemfontein 7.4.1880 s.v. Hans Jacob Swart en Elisabeth Christina Wessels

b4. Johannes Petrus ≈ Swellendam 5.6.1805 x George 14.10.1826 Stoffelina Jacomina MARAIS * 28.02.1807 ≈ 18.6.1807 xx Middelburg 08.03.1861 Helena Magdalena PRETORIUS (wed. Van Aswegen) 

b5. Hester Sophia Anthoinette Jacoba ≈ Swellendam 6.3.1809 † Somerset-Oos 29.10.1843 x George 6.4.1823 Pieter Christiaan Francois MASSYN ≈ 8.7.1798 † Somerset-Oos 28.12.1865 s.v. Frans Massyn en Sara Jacoba Wolf

b6. Maria Marthina ≈ Swellendam 9.12.1809 x Swellendam 06.09.1826 Johannes Daniel VAN COLLER ≈ 25.12.1800 s.v. Adolf Johannes van Coller en Cornelia Christina de Wit

b7. Anna Magdalena ≈ Swellendam 24.11.1811 x 4.12.183I Willem GEERINGH ≈ 1.9.1808 s.v. Willem Bernhard Geeringh en Maria Elisabeth Uys

b8. Jan Hendrik ≈ Swellendam 24.11.1811 x Swellendam 24.2.1840 Hester Elizabeth JORDAAN (wed.) ≈ 6.1.1821 † 15.6.1841 d.v. Louis Jacobus Jordaan en Jacomina Hermina le Roux

b9. Adriaan Johannes Gysbertus (Lang Adriaan) * Voorbedacht, Swartbergpas 25.12.1812 ≈ George 9.11.1813 † “Delareyskraal” dist. Bloemhof 6.12.1891.
Plaasskoolonderwyser te "Dieprivier", Langkloof waar hy skool gehou het vir die kinders van Ignatius Marthinus van Rooyen, die baie bekende perdeteler van die Langkloof. Sy moeder, Adriana Wilhelmina van Rooyen, was die perdeteler se suster.  Omstreeks daardie tyd het baie mense die Langkloof verlaat en noordwaarts getrek en so het die ouers van die Generaal hul staning later op Winburg gemaak en wel op die plaas "Doornfontein". Probleme met die koloniale regering het die Slag van Boomplaats tot gevolg gehad. Die plaas "Doornfontein" is gekonfiskeer. Dit het veroorsaak dat die familie die Vaalrivier in 1848 moes oorsteek en hulle vestig op die plaas "Welverdiend" in die distrik van Wolmaransstad. Kaptein David Massouw, 'n Koranna-kaptein van daardie geweste, het baie persoonlike probleme ondervind met 'n mede Koranna-kaptein.  Daar is aan die De la Reys belowe dat hulle 'n plaas van 3000 morg sou kon uitsoek indien hulp verleen word aan Massouw in sy stryd met die ander Koranna-hoof. David Massouw se sukses het meegebring dat die familie die plaas "De la Reyskraal" in die distrik van Schweizer- Reineke bekom het.
x George 20.5.1838 Adriana Wilhelmina VAN ROOYEN ≈ dist. George 2.8.1818 † Schweizer-Reneke 20.5.1913 (95.-) d.v. Gerrit van Rooyen en Johanna Elisabeth du Buis
(Ouers van c5 Jacobus Hercules (Koos) * “Doornfontein”, dist. Winburg 22.10.1847 ≈ Winburg 22.3.1848, bekende Boere-generaal † Langlaagte, Johannesburg 15.9.1914)

b10. Andries Pieter ≈ George 26.03.1815 x Colesberg 13.12.1841 Hester Engela Elizabeth LAS * c. 1820

Verwysings:
Pama & Heese/Lombard Lichtenburg Museum

Saamgestel deur:
Martina Louw, 1995 (Afstammeling van Jacobus Hercules)
Kennethl@xtra.co.nz

Addisionele data: SAG Vol 09.

 

  • Hits: 13354

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy