Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CLEEF Nicolaus

Nicolaus CLEEF was van Groszsalze in Duitsland. Op 16 Desember 1685 word 'n kind gedoop in die Kaapstad se kerk - "Adam Sol - Sara de moeder slavin, de vader Niclaus Kleef, die getuie was Jan Pasqual". Ons weet dat Jan Pasqual in die slawe logie gewerk het, so heelmoontlik het Sara ook deel uitgemaak van die logie, daarom tree op as die getuie. Adam Sol het dan ook 'n kind laat doop en dit is opgeskrywe in die Kaapstadse se doopregister. Adam Sol en Maria van Coromandel (sy was dan seker ook 'n slaafin) het 'n kind - Adam gedoop op 23 November 1710, die getuienis was Jacob Cornelis van Malabaar en Sara van Madagascar. SJ Haford in The Griquas of Griqualand maak melding dat Adam Kok gebore was in 1710 en dan hy gewerk het as 'n kok by die goeweneur. Of hierdie die een en selfde persoon is kan ons nie met sekerheid sê nie. Waar het die slaafin Sara wat Nicolaas Cleef 'n kind gehad het vandaan gekom? Dit is heel moontlik dat die slaafin Sara die een en selfde vrou was wat die getuie was in in 1710 naamlik Sara VAN MADAGASCAR. Ons kan dan sê dat hierdie Adam (Wat heelmoontlik Adam KOK was) wat in 1710 gebore was, se afkoms is 25% Duitse, 25% Madagascar en 50% Indiër (Malabar). Uit hierdie gegewens lyk dit dat hierdie Adam glad nie van Khoikhoi afkoms was nie.

Nicolaus Cleef het dus 'n voorkind gehad met die naam Adam Sol.

Nicolaus trou op 30 Januarie 1684 met Barbara LE FEBRE sy was van Fleurbai.
KINDERS
b1 Anna Catharina gedoop 12 Okt 1686, X 26 Sep 1706 Jan Jacob Conterman
b2 Nicolaas gedoop 11 Okt 1688
b3 Jochem gedoop 5 Mei 1694
b4 Justina gedoop Paarl 13 Apr 1697, X 17 Mei 1711 Theunis de Bruyn
b5 Catharina gedoop 3 Jan 1700, X 14 Des 1716 Arnoldus Vlok
b6 Maria gedoop 13 Maart 1702, 4 Maart 1725 Nikolaus von Wielligh
b7 Pieter gedoop 28 Sep 1704
b8 Johannes gedoop 1707

Hy sterwe in 1708.

Bronne:
Heese en Lombard
Kaapstad se NG Kerk doopregister G1/8/1 en G1/8/2

Navorsing deur:
AM van Rensburg

 

  • Hits: 11454

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy