WILKEN Jan Willem
Jan Willem (Johann Wilhelm) WILKEN, van Lüneburg (Duitsland). Kom in 1745 hier aan as soldaat; later derde chirurgyn in die V.O.C.-hospitaal. Burger in 1751; boer op “Molenvliet” aan die Liesbeek (nou Mowbray) Trou 9.6.1748 met Maria Juliana CONSTANT, gedoop 25 Oktober 1722, die dogter van Philippus Simon Constant en Catharina Helena van Mauritius; hertrou 6.6.1756 met Anna Susanna WEPENER (9 kinders). Anna was gedoop 21 November 1734 dogter van Joachim Ernst WEPENER en Anna WILLEMSE {Sy was die dogter van Gerrit Willemsen en Maria van Cornelisse (dogter van Cornelis Claasen en Catrijn van Malabar)}.
BRON:
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
SAG Vol 1
Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com
- Hits: 10426