Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VREY Bernardus

Bernardus VREY. Bernard (of Bernardus) Vrey kom van Montabaur (Duitsland). Hy kom in 1750 as matroos in Suid Afrika aan en word later timmerman en boukneg. In 1756 word hy burger. Hy trou 24 Mei 1756, Anna VAN AARDE, sy was gedoop 24 Mrt 1737, sy was die dogter van Theunis VAN AARDE en Hilletje Kerver. Hy trou die tweede keer op 6 Okt 1768 met Anna Margaretha BOTHA, sy was gedoop 22 Jun 1749, sy was die dogter van Jacobus Botha en Sophia van Rooyen.

KINDERS
b2 Daniel VREY seun van Bernardus Vrey en Anna Margaretha Botha * 1770, Kaap Kolonie, ~ 1 Jul 1770. X 17 Okt 1790, Sophia Catharina BARNARD, * Sep 1770, Swellendam, Kaap, ~ 28 Jul 1771, (dogter van Hendrik BARNARD en Magdalena Jacoba BOTHA). XX Alida Helena GELDENBLOEM, * Jan 1796, Swellendam, Kaap, (dogter van Cornelis GELDENBLOEM en Catharina Maria SWEDE)

Die van Frey kom ook voor maar dit is blykbaar "n ander familie. Daar het ook "n Jacob Vrij na Suid-Afrika te gekom het. So byvoorveeld vind ons "n voetnota in die Resolusies van die Politieke raad van die Kaap (1720-1723) "n verwysing na Maria Beijers wat getroud was met Jacob Vrij en Hans Jacob Conterman. Daar is ook "n verwysing in die indeks van die Kaapse argiefstukke van 1779 na Anna Margaretha Vrij, vrou van M Lutz. Jacob Vrij blyk nie om enige nageslag wat sy naam verder gedra het agter te gelaat het nie.

Bronne:
Heese en Lombard
De Villiers, CC / Pama C: Geslagsregisters van die Ou Kaapse families, 1981

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

  • Hits: 9900

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy