Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VENTURA Joost

In 1678 word Joost die een jarige ou slawe kind van Ventura van Bengale en Helena van de Kaap, vrygestel.

22 Mei 1678 Ventura en Helena onse Christenen geloove aengenoomen een soontjie van 6 maenden Joost

30 April 1679 Ventura en Margarita een soontjie Jacob

In 1696 het die vryswart Joost Ventura, wat toe 19 jaar oud was, die 14 jarige slavin Constantia van Malabar gekoop, sy was twee jaar later vrygestel. In 1706 is hy "n visserman. (Schoeman, p 656).

Joost trou in 1689 met Constantia van de Kus (Groep sonder Grense, p 80)

In 1710 het hy in die vlek twee erwe gekoop van Reba van Makassar en Mira Moor van Ceylon.

In 1714 is Joost Ventura se weduwee Constantia van Malabar (ook bekend as van Batavia) weer getrou met Jan Pretorius (die buiteegtelike kind van Dirk Pretorius en Maria Hansen).

Bronne:

Heese, Groep sonder Grense

Schoeman, Armosyn van die Kaap

Bydrae:

Navorsing:




 

  • Hits: 10076

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy