VAN BRAKEL Adriaan
Adriaan Willemsz VAN BRAKEL was van "s-Hertogenbosch. Hy trou in Kaapstad 28 Mei 1670 met Sara VAN ROSENDAAL en sy was van Amsterdam, sy was die dogter van Jacob Huybrechtsz van Rosendael en Barbara Geems.
Maria van Rosendaal was getuie by sommige van hulle kinders se dope. Sy was dus heelmoontlik familie van Sara. Helena Gulix was ook getuie en sy was ook familie.
Sara was "n bakker gewees 1677 -1678. Sy het as "n vroedvrou gedien en in 1685 en 10 gulden per maand van die VOC gekry.
KINDERS
Willem gedoop 22 Apr 1671 (getuie Herman Greseus en Maria van Rosendaal
Elizabeth gedoop 12 Maart 1673 (getuie Barbara Gens)
Elizabeth gedoop 13 Mei 1674, X 25 Jul 1700 Hans Jurgen Grimpen, XX 7 Jun 1703 Adam Tas
Jacobus gedoop 12 Apr 1676
Maria gedoop 30 Mei 1677 X Jacobus Louw, XX Jan Valk
Jacobus gedoop 19 Mei 1679
Jacobus gedoop 8 Jan 1681, X 22 Jan 1702 Margaretha Elbers
Hermanus gedoop 13 Des 1682
Hermanus gedoop 2 Jan 1684
Magteld gedoop 25 Feb 1685
Hermanus gedoop 30 Jun 1686, X 1 Apr 1708 Geertruyda van der Byl
Bronne:
Heese en Lombard
GC de Wet, Vryliede
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
- Hits: 11456