Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VILLIERS de


Jacques (Jacob) de VILLIERS, gebore omstreeks 1661, van La Rochelle, daar word gereken dat hulle oorspronklik eintlik van Boergondië gekom het. Met anderwoorde hulle het toe via La Rochelle gevlug. Hulle was Franse Hugenote wat in 1689 op die Zion uitgekom het saam met sy broers Abraham (wat net dogters nagelaat het) en Pierre. Jacob was getroud met Marguerite GARDIOL van Provence, en is op 17 Mei 1735 oorlede. Hy was gevestig te La Brie (1694), Franschoek, en later Boschendal (1717). Hy het 6 seuns en 5 dogters nagelaat.

1. Jan, jonk+
2. Susanna x 9 Jan 1718 Pieter Roux. Op 22 Okt 1735 koop hy La Brie uit sy skoonpa se boedel, en Bourgogne na die dood van die stamvader Pierre.
3. Marie Elisabeth ~ 14 Nov 1695 x 15 Aug 1718 Stephanus Marais
4. Janne ~ 6 Okt 1695 x 11 Des 1729 Willem Adolph Krige
5. Jacobus * 14 Sep 1699 + 1735, plase Nieuwedorp en De Goede Hoop x 1724/5 Louise Joubert weduwee van Jan Lombard
6. David + 1770, boer Vrede en Lust, La Motte en Zion x 17 Nov 1726 Madeleine (Magdalena) de Villiers xx 17 Mei 1750 Elisabeth Hugo
7. Margaretha ~ 9 Aug 1705 x 25 Feb 1725 Gideon Joubert xx 9 Okt 1740 Heinrich Hoppe van Hamburg
8. Abraham ~ 2 Okt 1707 + 5 Jun 1763 boer De Goede Hoop en Rhenosterrug x 29 Mei 1735 Susanna Joubert xx Nov 1737 Johanna Lombard
9. Rachel x 9 Okt 1729 Jacob Hugo xx 22 Sep 1748 Hendrik Francois Moller
10. Jean (Jan) ~ 21 Maart 1717 +1796 erf Bosch en Dal, besit ook Dwars in de Weg, Stellenbosch en Normandie x 16 Maart 1738 Elisabeth Joubert xx 5 Des 1762 Gertruida du Toit
11. Izaak ~ 12 Maart 1719

 

Pierre de Villiers, gebore omstreeks 1657, van La Rochelle was "n Franse Hugenoot wat in 1689 op die Zion uitgekom het saam met sy twee broers Abraham (wat net dogters nagelaat het) en Jacob. Pierre was getroud in 1694 met Elizabeth Taillefert, dogter van die vlugteling Isaac Taillefert. Pierre is op 22/1/1720 oorlede. Hy was gevestig op Bourgogne (1694) in Franschoek en later Picardie in Paarl, en het 3 seuns en 4 dogters nagelaat.

1. Pierre ~ 26/12/1695 + 22/4/1765 boer Picardie en ook La Paris (1736-55), x 1724 Heter Roux weduwee van Johann Heinrich Mylius
2. Jean ~ 26/6/1699, boer La Brie, Paarl x 7/8/1735 Hester Mylius
3. Madeleine (Magdalena) ~ 7/8/1701 + 1750 x 17/11/1726 David de Villiers, haar neef. Hulle het op Vrede en Lust geboer.
4. Izaak ~ 1703 + voor Sept 1755, besit 1728-30 De Zoete Inval, Paarl, later ook Kaalruens, Caledon x 17/1/1751 Maria van den Heever
5. Anna ~ 17/8/1705
6. Susanna + 1752 ongetroud
7. Elizabeth x Durand Sollier

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

  • Hits: 12464

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy