Skip to main content

logo new

Surnames R to U

STRAUSS Georg Friedrich

Opsomming

Die stamvader van die Strauss familie in Suid-Afrika was Georg Friedrich STRAUSS van Straatsburg in Elsas wat in 1723 as 'n 26 jarige adelbors aan die Kaap geland het.

Herkoms

Rekords in die Munsipale Argiewe in Straatsburg gee die besonderhede van Georg Friedrich se ouers en susters. Hy was die enigste seun en derde oudste kind van Johann Christoph STRAUSS en Maria Dorethea BECHT. Johann C STRAUSS was mootlik 'n suksesvolle handelaar aangesien hy in 22 Augustus 1693 aanvaar is as lid van die bourgoise in Straatsburg. Sy huwelik ongeveer 'n maand vroeër op 29 Julie 1693 in die Protestantse St Pierre le Vieux in Straatsburg met Maria BECHT kon ook bygedra het om sy aansien te verhoog. Sy het uit 'n baie vooraanstaande familie gekom en haar vader was op daardie stadium 'n senator in Straatsburg.

Georg Friedrich se susters

Johann en Maria STRAUSS het 5 kinders gehad
1. Johanna Dorethea ≈6.5.1694
2. Maria Martha ≈7.6.1695
3. Georg Friederich ≈16.6.1697
4. Maria Magdalena ≈19.3.1699
5. Maria Felicitas †1704

Voorouers van Johann Christoph STRAUSS (Georg Friedrich se vader)

b. Johann Christoph Strauss Handelaar ≈ Altenberg, Sakse 23.3.1665 s/v
a. Fabian STRAUSS Badehuiseienaar in Altenberg, Mynvoorman (na badhuis in brand verwoes is)
X Susanna NN †10 May 1667
XX 9 May 1669 Anna Magdalena OHLSCHLEGAL

Fabian en Susanna STRAUSS het 2 kinders gehad. Sy is 10 dae na die geboorte van hul 2de kind oorlede.
1. Johann Christoph Strauss ≈Altenberg, Sakse 23.3.1665
2. Christina ≈30.4.1667

Fabian en Anna Magdalena STRAUSS het 12 kinders in die lewe gebring, alhoewel 6 jonk oorlede is.

3. George Paul ≈25.1.1670
4. Dietereich Adolph ≈8.1.1673
5. Georg Paul ≈25.5.1673
6. Fabian ≈30.5.1675
7. Wilhelm ≈18.8.1677
8 Ernst ≈19.3.1680
9 Anna Magdalena ≈14.8.1682
10 Enoch ≈16.11.1684
11 Henoch ≈12.2.1686
12 Zacharias ≈25.8.1687
13 Augustus ≈4.8.1689
14 Johannes Margaretha ≈22.4.1692

Voorouers van Maria Dorethea BECHT (Georg Friedrich se moeder)

i. Maria Dorethea BECHT *1671 †1 Sep 1703 Straatsburg d/v
h. Dr Jakob Eberhard BECHT Advokaat, jurist, regsgeleerde, lid van die bourgoise 24 Aug 1648, senator in Straatsburg 1693/1694
*1 Mar 1633 in Straatsburg †20 Apr 1684 in Wasselnheim.
X 29 Mar 1660 (Stuttgart); Salome KOMMERELL *14 Jun 1642. †1695 in Wasselonne; s/v
g. Dr Johann Georg BECHT Advokaat, jurist, regsgeleerde *6 Sep 1583 in Heilbronn.†17 Jul 1641 in Straatsburg.
X 1 Mar 1614 (Heilbronn); Anna Margaretha BAYER *1593 in Landau.†1 Jan 1653 in Straatsburg; s/v
f. George BECHT (George IV) Belastingontvanger, raadslid, rechtsgeleerde, burgemeester van Heilbronn
*1548 in Heilbronn. †19 Oct 1606 in Heilbronn.
X 1578 Barbara KUGLER *1552.† 1626 in Heilbronn s/v
e. Ambrosius BECHT Regter, burgemeester van Heilbronn *1514 in Eslingen. †na 1563 in Heilbronn.
X 1545 (Heilbronn) Margaretha LYHER; s/v
d. Georg II *1470 in Reutlingen. †2 Jul 1533 in Reutlingen
X 1500 (Reutlingen) Petronella KÜRN; s/v
c. Georg I Regter, burgemeester *1430 †1480
X Margaretha KELLER; s/v
b. Eberhard IV Burgemeester *1380.
X Ursula WIRT; s/v
a. Eberhard III Regter †1407
X Anna

Georg Friedrich STRAUSS tree in diens van die VOC

Op 14 Mei 1723 teken Georg STRAUSS die Versoekboek van die Hollandse skip De Adelaar wat vir die Zeelandse kamer seil, te Middelburg, Die skip van 810 ton is die vorige jaar in die Zeelandse werf gebou. Willem de Keizer was die bevelvoerder. Hendrik WAGENAAR was Georg Friedrich se agent (of Zielverkoper soos hulle ook bekendgestaan het.) GFS het hom 150 gulden geskuld vir sy voorskot. Sien http://www.geocities.com/sa_stamouers/voc3.htm vir informasie oor die lewe van 'n adelbors.

Op 24 Mei 1723 moes die bemanning aanmeld en op 6 Junie het die skip na Batavia vertrek met 135 seemanne en 90 soldate en adelborse aan boord. De Adelaar het 17 Oktober 1723 in Tafelbaai aangeland. Die skip het 10 November sy reis voortgesit, maar Georg Friedrich STRAUSS het besluit om die Kaap de Goede Hoop sy nuwe tuiste te maak. In Maart 1728 het De Adelaar by Barra in die Hebrides, Skotland, vergaan. Colin Martin het wrak in 1972 gevind en bakstene, yster- en brons kanonne, 'n geweer (small swivel-gun), pype, munte, huishoudelike goedere en hardeware in die wrak gevind.

Lewe aan die Kaap
Georg Friedrich het in 1724 'n Vryburger geraak. Hy trou 10 Apr 1729 met Johanna MOUTON, dogter van die Franse Hugenoot Jacques MOUTON en Francina DE BEVERNAGE in Drakenstein waar hy ook as loodgieter gewerk het. Kort na sy huwelik trek hy en sy vrou na Kaapstad waar hulle 5 kinders gehad het.

Georg STRAUSS en Johanna MOUTON het die volgende kinders gehad

1. Johanna Felisia ≈4 Mar 1731 X 17 Aug 1749 Jacob VAN DER HORST
2. David Frederik ≈3 Jul 1733 X 1 Apr 1770 Sara VAN DYK XX Martha Margaretha LUBBE
3. Johannes Matthias ≈25 Nov 1736
4. Johannes Matthias ≈29 Des 1743 X 21 Feb 1773 Anna van Dyk
5. Maria Martha ≈26 Feb 1747

Hy het was aktief in die pogings om 'n Lutherse gemeente aan die Kaap gestig te kry. Gedurende die nag van 12 April 1749 word hy deur slawe vermoor in sy huis in Kaapstad. Georg Friedrich (genoem "Georg Frederick" in die hofstukke) se slavin, Amarantia van Mosambiek (30) vir Lantjiep van Java (36) gehuur het vir 25 Ryksdaalers om hom die nag van 12 April 1749 te vermoor. Lantjiep het ook gebruik gemaak van Cedere van Batavia (26), 'n bandiet in die slawelosie, en Tjampaaij van Sambouwa (dalk Samoa??).

Die mans is almal geledebraak en gehang 29 Mei 1749. Amarantia was swanger en is eers in 1750 op 'n kruis geledebraak.

Bronne
Die inligting oor die hofsaak kom uit Heese se boek oor strafreg aan die Kaap in die 1700's asook die oorspronkilke hofstukke in die Kaapse Argief.
Die inligting oor Georg Friedrich se familie in Straatsburg kom uit 'n artikel deur Dr Clive F Strauss, gepubliseer in Familia Vol 37 2000 soos uitgewys deur Pieter H.O. du Plessis phodup@absamail.co.za phodup@absamail.co.za).
Die kinders van GFS kom uit Pama II
Die Becht stamboom kom uit die van http://www.fam-lameris.net/becht/becht_r.htm
Die inligting oor die lot van De Adelaar het ek van VOC argiewe op die intenet by http://voc.websilon.nl/ bekom asook http://www.vocshipwrecks.nl/out_voyages7/adelaar.html Hulle gee erkenning aan:
Bruijn, J.R., Gaastra, F.S., Schöffer, I. Dutch-Asiatic Shipping In The 17th and 18th Centuries (3 Vols). The Hague, 1979, 1987
Muckelroy, Keith. Archaeology under Water. An Atlas of the World"s Submerged Sites. New York, 1980

Navorsing
Jaco Strauss jaco@strauss.za.com


 

  • Hits: 19995

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy