Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SANDBERG Jurgen Johannes en Maria Magdalena PRETORIUS

Jurgen Johannes SANDBERG is van Sandberg, Duitsland, afkomstig. Sy naam was oorspronklik J. H. Neumann, maar is mettertyd opsetlik, of deur verwarring met die plek van sy herkoms, verander na J. H. Sandberg. Hy het in 1769 as matroos aangekom en is daarna deur die H.O.I.K. as onderwyser uitgeleen. In 1770 was by werksaam vir Jacobus PRETORIUS en in 1776 het hy burgerreg ontvang. Toe hy op 23 Februarie 1772 met Maria Magdalena PRETORIUS, die dogter van sy werkgewer in die eg verbind is, was hy ‘n wewenaar.

Daar is verskillende inligting ivm met sy kinders,
(1) Jacobus.
(2) Jan Petrus.
(3) Benjamin Godlieb.
(4) Johannes Adolph, burger te Stellenbosch en getroud 5.3.1799 met Elisabeth Jacoba VAN WIJK; hertroud met Gesina Maria BOTHA; 5 kinders.

Jürgen Hans SANDBERG is op 2 Junie 1779 te Paarl oorlede.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:

 

 



 

  • Hits: 9538

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy