RUDOLPH Johann Bernhard
Johann Bernhard Rudolph (oorspronklik Rudelof) gebore 1 Desember 1732, hy land by die Kaap 1756 as "n soldaat vir die VOC. Hy word "n burgher in 1784.
Hy trou met Helena Bendfeldt in Graaff-Reinet 22 Julie 1772. Helena was die dogter van Joachim Bendfeldt Susanna Pieters.
 
 Hulle het 12 kinders gehad (Volgens Hoge was daar 13 kinders, maar hy gee nie die name nie).
 
 b1 Jacobus Andreas Rudolph = 31 Oktober 1773
 b2 Anna Elisabeth Rudolph = 4 August 1776
 b3 Johan Bernard Rudolph = 12 Julie 1778
 b4 Marthinus Rudolph = 19 Desember 1779
 b5 Geertruida Susanna Rudolph = 25 Februarie 1781
 b6 Johan Georg Rudolph = 23 Maart 1783
 b7 Henrietta Wilhelmina Rudolph = 30 Januarie 1785
 b8 Franciscus Wilhelmus Rudolph * c. 1787
 b9 Johan Bernard Rudolph = 28 Mei 1789
 b10 Willem Christiaan Rudolph = 16 Januarie 1791
 b11 Joachim Gerhardus Rudolph = 14 Oktober 1792
 b12 Bernardina Wilhelmina Rudolph = 31 Mei 1795 
 
 Hy sterwe 19 April 1804.
Bronne
 Hoge, Personalia of the Germans at the Cape
Data:
NOTAS:-
In die SAG word 'n kind, Franciscus Wilhelmus gelys onder die stamvader Johan Bernard.
* Helena Bendfeld se distribusie rekening maak geen melding van hierdie kind nie. MOOC 8/27.23
* Geen doop kon gevind word vir 'n Franciscus Wilhelmus vir JB as 'n seun nie. Al hulle kinders is gedoop in die Kaapstadse NGK
* Frans Willem se huweliksinskrywing lees Franciscus Wilhelmus. Geen ouderdom aangedui by die inskrywing nie.
* Daar is wel 'n Frans Willem = Kaapstad 20/8/1780, Pa: Johan Willem RUDOLPH en ma Francina Arendze van die Kaap
* Franciscus Wilhelmus dus ge-delink onder Johan Bernard!
Nagevors en bygedra deur:
Alta Griffiths.
 
- Hits: 12705
