RAUTENBACH Georg Frederich
Georg Frederich RAUTENBACH Hy was gebore in 1734 in Tremnitz, Zwick, Sachen, Duitsland. Hy arriveer by die Kaap in 1757 as "n soldaat. Hy trou 18 April 1762 met Maria Magdalena FERREIRA, sy was die weduwee van Franz Haarhof. (Let wel Heese en Lombard gee haar name as Maria Margaretha, maar "n Rautenbach stamregister deur GF Rautenbach verskil asook vier van hulle seuns gee "n dogter die naam Maria Magadalena). Maria was gedoop 30 Augustus 1733 die dogter van Ignatio Ferreira en Martha TERBLANCHE.
Maria Margaretha gedoop Paarl 30 Aug 1733, sy was die oudste kind van Ignatio Leopold Ferreira van Portugal en Martha Terblanche. Sy was eers getrou op 21 Nov 1751 met Frans Haarhof. Sy trou met Rautenbach 18 April 1762. Sy het toe alreeds vier kinders met Haarhof gehad. Georg het ook "n seuntjie wat 10 jaar oud was saam met hom na die Kaap gebring met die naam van Johan Christoffel Rautenbach.
KINDERS
b1 Isabella Maria *1763, X 1780 Johannes BOTHA, XX Nicolaas LINDE 1803.
b2 Hester Catharina *1765, X Philippus Rudolphus BOTHA
b3 Ignatius Leopoldus *9 May 1766, +11 Oct 1814, X 1787 Adriana Josina MEYER
b4 Alewyn Jacobus *9 May 1766, X 1787 Dorothea Maria FERREIRA, XX 1803 Maria Catharina MEIJER
b5 Gerrit Hendrik *1768 in Swellendam, + 1824, X 1787 Cornelia Aletta MARAIS-28 in 1787, XX Maria Catharina MEYER
b6 Petrus Frederick *1769 in Swellendam, = 23 Apr 1769, +10 Jun 1844, X 1790 Anna Catharina LINDEQUE
b7 Rosina Elizabeth *1772, X Michiel Arnoldus MULLER
b8 Johan Andreas *1774, X 1796 Margaretha Isabella MEIJER, XX 1812 Johanna MOSTERT
b9 Cornelius Anthonie *1776, X 1799 Adriana Agnessa MULLER
Georg sterwe in 1805 in Swellendam.
Bronne:
J Hoge Personalia of the Germans at the Cape
Heese en Lombard
Saamgestel deur:
Monica Farr mfarr@wcaccess.co.za
AM van Rensburg
- Hits: 13377