Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

PEACH Ricardo Augustino

Ricardo Augustino PEACH gebore op 15 Mei 1795 in die Portugese kolonie Macao. Hy was die seun van Samuel Peach terwyl sy moeder in sy vroeƫ jeug oorlede is sodat selfs sy kinders niks van haar geweet het nie. Hy moes voor 1820 na die Kaapkolonie gekom het, want hy trou in Kaapstad op 25 September 1819 met Maria Elizabeth STORM.

Hy moes kort na die troue na Engeland vertrek het, want hy arriveer weer in die kolonie op 10 September 1820 op die bark "Thomas". In die hawekaptein se rekord word hy as Portugees aangedui.

Hy doen in 1824 aansoek om 'n kusvaart handelslisensie. Ricardo sterf op 24 Oktober 1863 en Maria op 08 Junie 1870, beide in die Vrystaat.

Kinders:
1. Johanna Margaretha Peach x. Schalk Willem Meintjies
2. Ricardo Augustino Peach.
3. Peter Frederick Hammes.
4. Johanna Jacoba Carolina * in 1827 x Marthinus Hermanus Bornman.

Bron:
Kaapse en Vrystaatse Argief

Saamgestel deur:
Piet du Toit dutoitel@iafrica.com

  • Hits: 11153

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy