GEYSER Hendrik (Heinrich)
Hendrik (Heinrich) GEYSER van Lengerich in Duitsland. Hy is gedoop 21 Junie 1720 en sterwe 26 Augustus 1809 op die ouderdom van 89 jaar, 2 maande en 5 dae. Hy arriveer 1750-52 as matroos, later junior seilmaker 1753-54, waarskynlik gerepatrieer 1754-55, senior seilmaker 1756. Burger in 1762. Hy tree in diens van die V.O.C. as meester seilmaker 1764 en word opnuut burger in 1768. Hy trou in Kaapstad 5 Augustus 1759 met Judith de Wit, onegte dogter van Frederik de Wit en Dina van Deventer. Hy het 9 kinders.
KINDERS
b1 Helena (buite-egtelik, moeder: moeder: Angenita van die Kaap), gedoop in Kaapstad 21 Maart 1756, trou in Kaapstad 30 Augustus 1772 met Hendrik Ziberg
b2 Dina, gedoop 4 Januarie 1761, trou in Kaapstad 17 Oktober 1784 met Johan Hendrik ZIimmerman, 2 dogters
b3 Dorothea, gedoop in Swellendam 20 Maart 1763, trou met Josephus Johannes Wolmarans, 11 kinders
b4 Maria, gedoop 28 Oktober 1764, sterf voor 10 Desember 1805
b5 Hendrik , gedoop 11 Desember 1768 (uitlandig, 10 Desember 1805)
b6 Frederik, gedoop 30 September 1770, trou 30 November 1794 met Maryna Adriana Strydom, 4 kinders;
hy hertrou in George 6 November 1814 met Dina Carolina Oosthuizen, 1 kind
b7 Judith, gedoop 13 Desember 1772, trou 2 November 1786/8 met Johan Godlieb Kilian, 10 kinders
b8 Jacobus, gedoop 28 Februarie 1779 (uitlandig, 10 Desember 1805)
b9 Hendrina Dorothea, gedoop in Kaapstad 28 Februarie 1779, trou in Kaapstad 7 Desember 1794 met Pieter Schildbach, 3 kinders;
sy hertrou in Kaapstad 12 Desember 1802 met Christiaan Jacob Bester, 4 kinders
Bronne:
J.A Heese and R.T.J. Lombard, South African Genealogies Vol 1 (A-C), Vol 2 (D-G), Vol 4 (J-K), Vol 16 (Wam-Wy), Vol 17 (X-Z & Add), Human Sciences Research Council, Pretoria. 1986,
J.Hoge, Personalia of the Germans at the Cape 1652-1806
Testament: Hendrik Geijzer Judith de Wit, MOOC8/26.3 gedateer 10 December 1805, National Archives, Cape Town – Obtained from the TANAP website
Saamgestel deur:
Esther Sloth-Nielsen
e.sloth.nielsen@gmail.com
- Hits: 12169