ERASMUS Pieter
Pieter ERASMUS came to South Africa in 1693. In the Cape records he appears as Pieter den Deen. He farmed on the farm "Groenkloof" in Wagenmakersvallei (Wellington), this fell in the sub-district of Drakenstein. He got this farm 28 Feb 1699, however since he was not in favour of van der Stel he only obtained his title in 1714. He had this farm until his death. He died 1731. Pieter married 1697 Maria Elizabeth JOOSTE who died September 1723. They were married in 1697.
His farm was next to Baren Blom"s, please note some printed material gives the wrong farm as belonging to Erasmus, it was not the farm in Drakenstein. They had a farm De Groenenbergh on the Krommerivier in the Wagenmakersvalleij (this farm is today known as Onverwacht, Bovlei)
CHILDREN
b1 Rasmus baptised Paarl 21 Sep 1698, X 4 Nov 1725 Susanna Jacobs
b2 Maria Hanna baptised 25 Oct 1699
b3 Lourens baptised 22 Jun 1704, X 9 Dec 1731 Martha Pienaar
b4 Catharina baptised 24 Jan 1706, X 12 Aug 1725 Johannes Mulder, XX Jun 1732 Roelof van den Burg
b5 Larius baptised 6 Feb 1707
b6 Jacob, X Paarl 4 Aug 1737 Sara de Klerk
Toe die Inventaris geneem was nadat Maria dood was in 1723 word die volgende persone gegee as hulle kinders:
Erasmus Pieter - 25 jaar oud
Ester - 20 jaar oud
Lourens - 19 jaar oud
Catharina - 18 jaar oud
Laris - 17 jaar oud
Jacob - 16 jaar oud
Let op dat meeste bronne meld nie Ester as "n dogter nie. Volgens die Inventaris moes die dogter Maria Hanna voor haar moeder gesterwe het.
Sources:
J A Heese and RTJ Lombard,South African Genealogies
JG le Roux and WG le Roux Ons Drakensteinse Erfgrond: Bovlei
DJ Erasmus "Die Stamvader Pieter Erasmus uit Nederland" Familia XXII 1985 no1
Inligting deur Sasa Malan ingestuur na GenForum
Thanks to research by:
Thanks to submission by:
Mark Barker mabarker@mweb.co.za
AM van Rensburg
Uit Capensis 2&3/2006
Meer oor die stamouers van die Erasmusse
E M (Mieka) Erasmus en Sasa Malan *Erasmus
“Die einde van Pieter Erasmus se lewe’’
[deur Sasa Malan*Erasmus]
“In 1738 verkoop Pieter die plaas Groenenberg – die opstal sowel as los goedere - aan Catharina se man, Roelof van den Burg, vir 6 000 Indiese gulde. Deel van die koopvoorwaardes is dat Van den Burg sou betaal, in ses paaiemente waarvan die eerste eers ná Pieter se dood betaal sou word, en wel aan die ander erfgename [59]. Hiervan sou ‘n mens kon aflei dat die Van den Burgs nou op die plaas kom woon en moontlik die boerdery oorgeneem het; dat hulle Pieter tot sy dood sou versorg en daarom dat hulle aan homself niks hoef te betaal nie [60].
“Die Drakenstein-gemeente ontvang ook in 1739 Catharina se attestaat vanaf die Kaapstadse gemeente [61] en Roelof van den Burg moet begin om die pad te help in stand hou terwyl Pieter se naam uit die span verdwyn [62].
“Die vermoede is sterk dat, omdat Pieter opgehou het om self te boer, dit nie meer vir hom nodig was om jaarliks opgawes in te dien nie en dat ‘n boedelinventaris na sy dood ook nie nodig was nie. Op hierdie manier het hy dus eintlik self sy boedel beredder voor sy dood en kon sy sterfdatum nog nie aan die hand van ‘n boedelinventaris bepaal word nie. Verskeie mense sonder gesinne het blykbaar by ander gewoon [63].
[59] (KAB) T2406 p. 187-188; hierby is in 1764 bygevoeg dat Laris namens die erfgename eis dat geld wat nog aan hulle verskuldig is, betaal word.
[60] Daar is soortgelyke gevalle waar oumense blykbaar hul besittings aan die Kerk oorgedra het in ruil vir versorging: i.v.m. Jan ROUX de Provence en Zacharias MANTION sien Notule van die Drakensteinse Kerkraad, G3:2/1 o.a. 15.10.1719.
[61] (NG-Kerkargief) G3/3/2 p. 52.
[62] (KAB) 1STB19/133 p. 11 Rol 15.
[63] (NG-Kerkargief) G3: 2/1. Bv. op 9.5.1749 vra Barend Pieterse Blom (b2c2) by die Kerk bystand vir sy weduweemoeder wat al jare lank huisvesting gee aan Hendrik HENSCHEN; op 3.12.1732 vra Maria MALHERBE hulp vir Hans Jurgen Sleych? wat by haar woon.
--------------------------------------------
Verder:
In 1740 en 1741 is hy nog getuie by die dope van die kinders van sy jongste seun Jacob en Sara de Klerk:
7.2.1740 Maria Magdalena
Pieter Erasmus en Catharina Erasmus (sy dogter)
12.11.1741 Pieter
Pieter Erasmus en Susanna Jacobs (sy skoondogter, vrou van sy oudste seun Rasmus)
From: Edwin Conroy: epos: edwin[dot]conroy[@]icloud[dot]com
Korrespondensie oor Edwin se uiteensetting kan direk met hom gevoer word per epos.
Laat net die [hakies] weg en vervang die [dot] met die . symbool.
STAMVADER PIETER ERASMUS?
Volgens die VOC se soldyrekenings in die Nederlandse argiewe was daar dertien persone met die naam Pieter Erasmus wat as bemanningslede ('opvarendes') op skepe van die VOC vanaf Nederland na Asië vertrek het, naamlik :
1. Pieter Erasmus van Amsterdam (datum van indienstrede 1711 en uitdienstrede 1715);
2. Pieter Erasmus van Enkhuizen (1721 en 1721) ;
3. Pieter Erasmus van Amsterdam (1693 en 1695) ;
4. Pieter Erasmus van Amsterdam (1680 en 1682) ;
5. Pieter Erasmus van Oldenburg (1731 en 1740) ;
6. Pieter Erasmus van Hassen (1736 en 1736) ;
7. Pieter Erasmus van Flensburg (1713 en 1716) ;
8. Pieter Erasmus van Kopenhagen (1738 en 1738) ;
9. Pieter Erasmus van Amsterdam (1724 en 1724) ;
10. Pieter Erasmus van Enkhuizen (1709 en 1711) ;
11. Pieter Erasmus van Nieuwcoop (1689 en 1696) ;
12. Pieter Erasmus van Oosterhout (1678 en ?) ;
13. Pieter Erasmus van Lalandt (Fr) (1685 en 1688).
Dit is bekend dat stamvader Pieter Erasmus, ook Pieter den Deen genoem, reeds in die Stellenbosse monsterrol van 1693 verskyn het. Volgens dié tydlyn sluit dit dus Pieter Erasmus nommers 1; 2 ; 5 ; 6 ; 7 ; 8 ; 9 ; 10 uit.
Pieter nommer 11 word as 'oorlede' in 1696 as rede van uitdienstreding aangedui.
Pieter nommer 12 se datum van uitdienstreding is, volgens die argiewe, onbekend.
Pieter nommer 13 het in 1685 uit diens getree en op 30 April 1688 met die skip "Sion" na Nederland teruggekeer waar hy op 10 Augustus 1688 aangekom het.
Dit laat Pieter Erasmus nommers 3 (uit diens in 1695) en 4 (uit diens in 1682) as moontlikhede binne die tydlyn van die 1693 monsterrol.
Pieter Erasmus nommer 3 het as opperskeepstimmerman op 7 April 1693 in diens getree en met die "Voetboog" uitgevaar en is as 'overleden' op 4 Januarie 1695 uit diens aangeteken.
Dit laat dus Pieter Erasmus nommer 4 . Hy het op 22 Desember 1680 as onderskeeps-timmerman "in diens getree" en dieselfde datum met die VOC-skip "Sillida" vanaf Texel op pad na Batavië uitgevaar.
Die "Sillida" het op 10 Mei 1681 by die Kaap die Goeie Hoop aangekom en weer op 3 Julie 1681 sy vaart na Batavië voortgesit waar hy op 23 Augustus 1682 aangekom het.
Volgens die Nederlandse transkripsie van Pieter Erasmus 4 se soldyrekening het hy die diens op 7 Junie 1682 in Asië verlaat en is geen rede vir die diensverlating vermeld nie (as die rede vir diensverlating onduidelik was, is die laaste vermelding as rede gebruik).
Kan dit aanvaar word dat, toe die "Sillida" op 23 Augustus 1682 by sy finale bestemming in Batavië aangekom het, Pieter Erasmus toe lank nie meer aan boord was nie aangesien hy die skip by sy aankoms aan die Kaap verlaat het ?
Mansell Upham meld dat die VOC se oktrooi "technically covered the area starting at the Cape of Good Hope and all areas to the East thereof, thus making the Cape of Good Hope part of its 'Asian' area of operation - which is why many (or most or all ?) VOC personnel that ended up at the Cape of Good Hope - either permanently or temporarily - are also designated in the general registers as having departed for 'Asia' ".
Al hierdie inligting (en veronderstellings) inaggenome, is samesteller hiervan feitelik seker dat Pieter Erasmus wat op die VOC-skip "Sillida" as onderskeepstimmerman uitgevaar het, op 10 Mei 1681 as die Erasmus stamvader in Suid-Afrika aangekom het.
Met erkenning aan Mansell Upham uit : 'First Fifty Years - a project collating Cape of Good Hope records : Reijgersdaal'.
https://www.nationaalarchief.nl/en/research/archive/1.04.02/invnr/4032/file/NLHaNA_1.04.02_4032_0072
- Hits: 20052