Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BROOKS Henry George

Henry George BROOKS was van Gosport Harts Engeland , hy is gebore in 1825. Trou in Grahamstown die 1ste Mei 1850 met Ann BIRT, sy was die dogter van Samuel Birt (SV/Prog – Gloucestershire England) en Frances Jane Harrison.

KINDERS:

George William Henry *1851   †1852  
Walter Wallace *1855  †1944
Charles Samuel *1857  † ?
Christopher James *1858  † ?
Percival William *1859  †1879  
Henry Harrison *1861   †1938
Henrietta Florence *1866  †1940 
Caroline Ann *1875  †1952
Emily Jane * ?

Bronne:
Alle name en datums verkry van FamilySearch
Aanvullende data:-
Hy was ‘n seun van net 14 jaar oud toe hy in 1840 aansluit by die Irish Mounted Riflemen. Hulle hoofkwartier was in Waterford – Ierland.
Hy word op ‘n stadium verplaas na die eenheid  in Grahamstown. Henry word medies ongeskik verklaar die 3de Maart 1854. Na sy ontslag uit die weermag besluit hy egter om aan te bly en hom in Suid-Afrika te vestig.
Hy trou in 1850 met Ann Birt  in Grahamstown se Weslyan-Metodiste Kapel. 
Hulle verander egter kerk denominasie na Anglican. Hul eerste seun George William Henry word alreeds in 1851 in Grahamstown  se St. Michael & St. George  Anglican Church gedoop.
Ongelukkig sterf die jong baba George net die volgende jaar in 1852.
Hulle is kinderloos tot 1855
Henry en Ann woon ook in Fort Beaufort, King Williamstown,  en  laastens in Lydenburg.
Sy naam verskyn as ‘n getuie op sy dogter Henrietta se voor-huweliks ooreenkoms in 1886 in Lydenburg
Na sy vrou se dood bly hy ook by sy dogter Henrietta Florence se skoonfamilie -  (Christopher Dennill) te  Vaalbank Carolina in Suid – Oos Transvaal,  tot sy dood in 1913


 Henry George Brooks Military 01c
 
  • Hits: 5275

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy