Skip to main content

logo new

Surnames A to C

CLAASSEN Claas Gerritsz VAN BENGALE

Claas Gerritsz VAN BENGALE: Sy nageslag het die van CLAASSEN aangeneem. In sommige gepubliseerde bronne word 'n fout gemaak om hierdie familie onder die verkeerde Claassen op te neem (Cornelis Claesz van Utrecht, ook bekend as Kees de Boer). Claas Gerritsz word deur sy eienaar, Jochum Marquart, op 23 Desember 1676 vrygestel. In 1671 was hy reeds aan die Kaap.

Hy word op 10 Februarie 1686 in Kaapstad groot gedoop. Op 13 Maart 1686 trou hy met Sara VAN SOLOOR. (Kyk ook onder Sara van Soloor)

Op 29 Oktober 1673 doop Sara 'n voorkind, Henrijtte. Hierdie kind het later die van Wittebol gebruik. Die vader van die kind was die VOC landmeter Johan Wittebol, van Amsterdam (Hy was getroud met Maria van Ruijven).

Sara word groot gedoop 3 September 1679.

Sara en Claas Gerritz het die volgende kinders (ouderdom van die kinders word na sy dood in 1697 aangegee):
Hendriette (23)
Meijndert (16)
Gerrit Claas (11)
Hendrik Claas (10). Hy trou met Maria Booijs.

Claas Gerritsz is in 1697 oorlede. Sara hertrou in 1698 met Harmen BUYS

Bron:
Willem Kempen se webblad http://www.kempen.id.au/main.htm (Bevat inligting van Mansell Upham)


 

  • Hits: 11870

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy