Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BANTJES Jan Gerrit

Jan Gerrit Bantjes was van Winschoten in Nederland. Hy kom in 1755 aan by die Kaap op die skip Stadwyk. Hy word "n burger in 1760. Hy trou in Paarl 5 Maart 1758 met Hilletje Agnita Jacobs van de Kaap, dogter van Jan Jacobus. Hy trou die tweede keer op 26 Oktober 1760 met Engela Petronella Hartogh, sy was gedoop 19 Mei 1740 en sterf 7 Jul 1764 dogter van Abraham Hartog en Johanna Theunis Switters. Hy trou die derde maal op 7 April 1765 met Hendrina Cornelia Calitz, sy was gedoop 16 Oktober 1745 dogter Mathias Calitz en Petronella van Eeden.

KINDERS

Eerste Huwelik
b1 Jan Gerrit gedoop 18 Maart 1759, X 7 Des 1783 Maria Adriana Vermeulen. Hulle was die grootouers van Jan Bantjies, "n bekende in die geskiedenis van die Groot Trek

Tweede Huwelik
b2 Hendrik Gerrit gedoop 9 Aug 1761
b3 Gerrit gedoop 15 Mei 1763

Derde Huwelik
b4 Petronella Cornelia gedoop 22 Jun 1766, X 4 Apr 1784 Louis Baissac
b5 Mattheus Christiaan gedoop 1 Mei 1768, X 10 Jun 1792 Catharina Dorothea Droskie, weduwee van Johan Friedrich Hesse
b6 Anna Wilhelmina gedoop 10 Des 1769 X Van Deventer
b7 Bertha Margaretha gedoop 10 Okt 1773 X 30 Nov 1794 Hendrik Jacobus le Roux gedoop 27 Feb 1774
b8 Maria Elizabeth gedoop 17 Aug 1777 X Van Zyl

Hy sterwe in 1782.

Bronne:
SAG Vol I
Die Krynauw Familie, deur DW Krynauw (1908

  • Hits: 19084

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy