Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

WATERMEYER Gottfried Andreas

Gottfried Andreas (Godfried Andries) WATERMEYER, ~ 11-11-1763 St Jacobi Hamburg, + 05-1832 Kaapstad, s.v. Bernhard Friedrich (Berend F) WATERMEYER, ysterhandelaar Hamburg, en Anna Catharina NOBILING. Hy is ook Godfried Andries genoem en was die jongste kind van Bernhard (Berend) Friedrich Watermeyer, ysterhandelaar en Anna Catharina Nobiling. Hy is op 11 November 1763 in die Lutherse kerk van St Jacobi in Hamburg gedoop.
Volgens "n geslagsregister in besit van die Watermeyer-familie was Bernhard Friedrich die seun van Jacob Friedrich (geb. ca 1690) wat na Hamburg verhuis het en volgens oorlewering in die skeepsbedryf betrokke was. Jacob was die seun van Johan Heinrich Watermeyer van Bruchhausen, Hannover, wat "n groot nageslag in Duitsland gehad het.

In 1788 verskyn daar in Hamburg "n boekie deur A A Watermeyer wat o.a. sy besoek van 8 tot 23 Januarie 1786 aan Kaapstad beskryf. Hy het oor die algemeen "n baie goeie indruk van die Kaap en sy inwoners. Hy maak o.a. melding van uitsonderlik baie welgeklede en mooi vroue en die goeie wyn van Constantia. G A Watermeyer se pa het "n neef, Albrecht Anton (* 1737) gehad. "n Mens wonder dus of die jong G A Watermeyer dalk deur sy pa se neef aangespoor is om sy fortuin aan die suidpunt van Afrika te gaan soek.

G A Watermeyer kom in 1775 in die Kaap, is solddat in 1789 en korporaal in 1793. Hy tree op 24-03-1793 in die huwelik met Margaretha JOUBERT *1768. Sy was die dogter van Josua Joubert en Maria Johanna Hugo en kleinniggie van Philippus Poggenpoel se vrou).

G A Watermeyer was sedert 1790 in diens van die Weeskamer en talle boedeldokumente uit die opvolgende tydperk dra sy handtekening ter sertifisering. In 1800 is hy bevorder na hoofklerk volgens "n memorie van 29 Maart 1820, waarin hy die Goewerneur versoek "to favour your memorialist with the position of Secretary which is now vacant" weens "the lamentable death of Mr Faure". Hierdie versoek is blykbaar nie toegestaan want sy naam verskyn tot 1829 in die lys van die Weeskamer se amptenare as "Bookkeeper".

Hy het voorheen in Sept. 1801 van lt genl Francis Dundas tydelike verlof van sy posisie as "head clerk in the Office of the Board of Orphans" om in verband met die boedel van sy ouers na Hamburg te reis. Om hierdie reis te finansier, doen hy aansoek om 37 sakke gemmer en 37 sakke sago na Hamburg uit te voer en daar te verkoop. Dit word deur Dundas afgekeur in die lig van die Kompanjie se handelsmonopolie. (Eienaardig, want die land was toe onder Britse bewind.)

Hy het blykbaar, benewens sy betrekking by die Weeskamer ook (onwettig?) handel gedryf, soos blyk uit sy besit van handelsware en die besit van "n pakhuis in Breestraat. Hy het ook opgetree as agent vir die Duitse skip "Freundschaft" en het as "a gentleman of extensive mercantile knowledge" opgetree as raadgewer vir Lt-genl Francis Dundas in 1801 in voorbereidings vir "n binnelandse ekspedisie in 1801 onder leiding van Truter & Somerville.

Op 8 April 1811 geniet die reisiger Burchell en sy metgesel Poleman by "Fortuintje, belonging to a gentleman named Watermeyer, . . . . a supper and good beds. This place is not more than a moderate walk from Vischer"s Hoek" (nou Gordonsbaai).

Volgens die huweliksregister van die Lutherse Gemeente, Kaapstad, is Godfried Andreas Watermeyer "van Hamburg Oud Vise-President van Commissarissen van Huwelijken en Kleine Gerechtzaken, weduwenaar" op 9 Februarie 1814 getroud met Anna Catharina Carolina POGGENPOEL "van Cabo de Goede Hoop, jonge dochter". Hul eerste testament (1814) bevestig dat sy bruid die dogter van Elisabeth Margaretha Joubert was, toe getroud met (haar tweede man) Zacharias Blomerus. Sy was dus die suster van een van haar bruidegom se ondergeskiktes by die Weeskamer. Sy is oorlede op 06-01-1828.
G A Watermeyer is moontlik oorlede in Mei 1832.
Sy kinders was soos volg:

Huwelik met Margaretha Joubert:

Maria Johanna Cornelia ~23-03-1794 waarskynlik +06-01-1795
Anna Catharina ~26-07-1795 x10-09-1825 P J Poggenpoel +09-05-1878.
Friedrich (Frederik) Stephanus ~05-03-1797 x12-08-1821 Anna Maria Ziervogel
Margaretha Elizabeth ~04-03-1798
Christina Andrietta ~28-07-1799 +18-08-1815
Charlotta Wilhelmina ~14-12-1800 +20-01-1801
Josua Jan Jacob *31-05-1804 ~12-08-1804 +06-01-1806
Barbara Jacoba *20-01-1807 ~25-01-1807 +06-06-1808

Huwelik met Anna Poggenpoel:
Carl Frederik Joubert *02-01-1815 +16-05-1901 x Nancy Mackrill xx Julia Hutton
Elizabeth Wilhelmina Carolina, *02-09-1817 ~14-09-1817 +13-03-1888 x Jacob Ludwig Döhne
Anna Maria Christina *21-05-1819 +11-03-1820
Johanna Hester Aletta *08-01-1822 +11-01-1823
Philippus Johannes Andreas, *06-04-1825 x Elizabeth Meintjes xx Martha wed. Pretorius
Andrietta Maria Beatrix Benedicte *13-12-1827 x Franz Friedrich Michael Düncker

 

In Januarie 1817 arriveer Peter Friedrich Siegrühn van Hamburg aan die Kaap met sy vrou, Anna Catharina Wilhelmina Watermeyer, "n niggie van G A Watermeyer, en drie kinders.

In 1824 arriveer Friedrich Gottfried Watermeyer (1798 tot 1883) en in 1832 sy broer Jacob Watermeyer (1800 tot 1867), beide van Hamburg. Hulle was kinders van Hans Jurgen Jacob Watermeyer (geb. 1761), "n ouer broer van Gottfried Andreas, en Maria Magdalena Barbara Lehman.

Jacob se naam het lank voortgeleef deur Cartwright se kerriepoeier. Die konneksie is deur John Dean Cartwright wat in Jacob se diens was en later met sy dogter, Charlotte Anna getroud is.

Jacob was skeepsleweransier in Kaapstad en het volgens die herinneringe van sy skoonseun in die vroeë 1860"s, teen sy beterwete, "n Hollandse skeepskaptein met finansiële probleme op reis na Batavia op skuld voorsien.
Meer as "n jaar later het die kaptein hom weer besoek en meegedeel dat hy sy skip kwyt is weens sy vader se dood en bankrotskap.

Die enigste manier waarop hy gedeeltelik sy skuld aan Jacob delg, was om hom "n kerrieresep, wat sy vader besit het, aan te bied.

Jacob se ontsteltenis het effens bedaar nadat die Hollander hom en sy assistent Cartwright op "n heerlike kerrie-ete, berei volgens die resep, onthaal het.

Hy het die kerrie begin bemark en dit was "n groot sukses, veral nadat Cartwright die saak ná Jacob se dood oorgeneem het. "n Verwysing na Jacob se resep het tot laat in die 20ste eeu verskyn op die verpakking van Cartwright se kerrie.

Jacob se nageslag het sodoende oor die jare waarskynlik baie meer in tantième op die kerrieresep verdien as die oorspronklike sowat £300 skuld van die Hollandse skeepskaptein.

x (1) 24-03-1793 Paarl Margaretha JOUBERT.
x (2) 09-02-1814 Kaapstad (Luthers) Anna Margaretha Carolina (A Catharina C) POGGENPOEL.
Uit die eerste verhouding:
1. Maria Johanna Cornelia WATERMEYER, ~ 23-03-1794 Kaapstad.
2. Anna Catharina WATERMEYER, * 04-07-1795 Kaapstad.
3. Frederik Stephanus (Joubert) WATERMEYER, sakeman Kaapstad, * 25-02-1797 Kaapstad, ~ 05-03-1797 Kaapstad, + 31-05-1847 Kaapstad.
4. Margaretha Elizabeth WATERMEYER, ~ 04-03-1798 Kaapstad.
5. Christina Andrietta WATERMEYER, ~ 28-07-1799 Kaapstad, + 1813-1817.
6. Charlotta Wilhelmina WATERMEYER, ~ 14-12-1800 Kaapstad.
7. Josua Jan Jacob WATERMEYER, * 31-05-1804, ~ 12-08-1804 Kaapstad.
8. Barbara Jacoba WATERMEYER, * 20-01-1807, ~ 25-01-1807 Kaapstad.
Uit die tweede verhouding:
9. Carl Frederik Joubert WATERMEYER, * 02-01-1815, ~ 08-01-1815 Kaapstad, + 16-05-1901.
10. Elizabeth Wilhelmina Carolina (Caroline E W) WATERMEYER, * 02-09-1817, ~ 14-09-1817 Kaapstad. Lidmaat 1832 Luthers, + 13-03-1888 Paddock Natal.
11. Anna Maria Christina WATERMEYER, * 21-05-1819, ~ 20-06-1819 Kaapstad.
12. Johanna Hester Aletta WATERMEYER, * 08-01-1822, ~ 20-01-1822 Kaapstad.
13. Philippus Johannes Andreas WATERMEYER, boer/sakeman/parlementslid, * 06-04-1825, ~ 20-04-1825 Kaapstad. Lidmaat 1824 Luthers, + 13-02-1897 Hanover.
14. Andrietta Maria Beatrix Benedicte WATERMEYER, * 13-12-1827, ~ 05-01-1828 Kaapstad. Lidmaat 1844 Luthers, + 04-1900 Salisbury.

Margaretha JOUBERT, ~ 17-04-1768, + 04-07-1813 Kaapstad, d.v. Josua JOUBERT en Maria Johanna HUGO.
x 24-03-1793 Paarl Gottfried Andreas (Godfried Andries) WATERMEYER.
Uit hierdie verhouding: 8 kinders.

Anna Margaretha Carolina (A Catharina C) POGGENPOEL, * 16-12-1789, ~ 03-01-1790 Paarl, + 06-01-1828 Kaapstad, d.v. Philippus POGGENPOEL en Elisabeth Margaretha JOUBERT.
x 09-02-1814 Kaapstad (Luthers) Gottfried Andreas (Godfried Andries) WATERMEYER.
Uit hierdie verhouding: 6 kinders.

Navorsing:
Ockert Malan ogmalan@bigfoot.com