Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

WALTER Samuel

Samuel Walter (later Walters) word groot in Pressburg (vandag Bratislawa) in Slowakye. Hy verlaat Nederland in 1695 aan boord die Assendelft en kom in 1696 in Cabo De Goede Hoop aan waar hy elf jaar diens as soldaat in die garnisoen aan die Kaap. Samuel word uitgeleen vanaf 1707 tot 1710, aan Samuel Elsevier, sekundus aan die Kaap, om as plaasarbeider diens te doen.

Hy word 'n vryburger in 1710 en trou in Stellenbosch op 22 Maart 1711 met Maria Van Der Westhuizen (weduwee van Cornelis Van Niekerk). Cornelis en Maria het vier seuns en twee dogters gehad. Al die Van Niekerks en Walterse het dus die selfde stammoeder. Cornelis het vir Maria verskeie plase nagelaat wat Samuel in staat gestel het om in 1714 die plaas de Tijgerberge, geleë aan die Tygerberg, aan te koop. Die plaas de Tijgerberge heet vandag Altydgedacht en kan as die “Walters-stamplaas” beskou word. Groot dele van die oorspronklike wynkelder waar Samuel al in 1714 wyn gemaak het word nog steeds vandag gebruik

Drie Walters seuns word gebore en gedoop in die Kaapse kerk by name Daniël (1711), Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716). Hulle word saam met die ouer van Niekerk-kinders groot op de Tijgerberge. Uit die plaasopgaafrolle is dit duidelik dat Samuel 'n suksesvolle wyn- en veeboer was. Teen 1725 het hy reeds 25 000 wingerdstokke aangeplant en sowat 18 leggers wyn gelewer. Hy sterf in 1726 en laat sy boedel na aan Maria (wat suksesvol voort boer en verder uitbrei na die Swartland). Maria sterf as 'n welgestelde vrou in 1734. Nicolaas (38%) en Stephanus (62%) se nageslag vorm die twee hooftakke van Samuel Walters se nageslag. Sover bekend was die oudste seun Daniël nooit getroud nie.

Kinders

b1 Daniel, gedoop 22 Mei 1712
b2 Nicolaas, gedoop 10 Jun 1714, x 8 Feb 1739 Johanna Maria Van Den Brink
b3 Stephanus Sebastiaan, gedoop 11 Okt 1716, x 21 Des 1738 Margaretha Lombard

Bron: Walters Diaspora en Familie-boek, NM Walters, 2005

Navorsing 9 Desember 2008
Nicolaas Walters nico@waltersfamilie.co.za
http://www.waltersfamilie.co.za