Surnames V to Z

Written by Piet Venter on . Posted in V - Z.

VENTER Hendrik Conrad

Hendrik Conrad VENTER , gebore in Duitsland op 21 April 1663, oorlede te Vleeschbank, Riebeeckskasteel, Kaap Kolonie, Suid-Afrika op 02 Mei 1713. Hy was die seun van Heinrich von Deventer en Anna Sophia Kuhlemand. Hy kom by die Kaap voor 1688, hy was "n kleremaker. Hy trou in Kaapstad op 17 Julie 1690 met Johanna MOSTERT, sy was gedoop 10 Maart 1675 die dogter van Johannes Cornelius Mostert en Alida van Hulst. Hy trou die tweede maal weer in Kaapstad op 09 Desember 1691 met Anna VILJOEN (d.v. Francois VILLION & Cornelia CAMPENAAR) - sy is gebore voor 19 Mei 1678 naby Kaapstad en gedoop op 19 Mei 1678. Anna is oorlede op 11 Mei 1713. Beide hy en sy vrou was heel moontlike oorlede weens die pokke-epidemie.

Nege Kinders is uit die huwelik gebore:
b1 Ongedoopte kind Venter *c 1690
b2 Bonifacius VENTER gedoop 1 12 1692
b3 Francois VENTER gedoop 10 10 1694
b4 Anna Sabina VENTER gebore tussen 1695 en 1698
b5 Pieter VENTER, is op 18.10.1699 te Stellenbosch gedoop. Hy is gedurende 1765 oorlede. Getroud te Kaapstad op 30.11.1721 met Hester NEL (d.v. Guillaume NEL & Jeanne DE LA BATTE). Sy is voor 01.08.1706 gebore, op 01.08.1706 gedoop, en gedurende 1785 oorlede.
b6 Cornelia VENTER gedoop 15 10 1701, x Willem VAN STADEN; xx 25 03 1742 Carel Titus JUST van Stendal.
b7 Maria VENTER gedoop 3 08 1704, x 9 11 1724 Pieter Matthias DE VRIES van Hamburg; xx Jan Frederik HARTOG vanaf Brunswyk; xxx Johannes RIECKE vanaf Schernberg.
b8 Jan Hendrik VENTER gedoop 7 11 1706
b9 Jan Hendrik VENTER gedoop 17 11 1709
b10 Frederik VENTER gedoop 25 10 1711

Hy kry die plaas Vleesbank-wes op 25 Augustus 1704.

Verwysings:
D.G.Venter se boek "Die Venter- familie", Pretoria 1957
JG le Roux en WG le Roux Agter-Groenberg Ons Drakensteinse Erfgronde

Saamgestel deur:
Piet Venter pietven@intekom.co.za
"Inligting oor die stamouers en die Pieter VENTER-tak (b3) is grotendeels en goedgunstelik deur Barend VENTER bjven@intekom.co.za verskaf"
BJ Venter "Anna Sabina Venter - onbekende dogter van stamvader?" Familia 1999 vol 36 no 3

Familieblad http://home.intekom.com/aventapage/genel.html