Surnames V to Z

Written by Stamouers on . Posted in V - Z.

VAN ROSENDAEL Jacob Huybrechtsz

Jacob Huybrechtsz VAN ROSENDAEL was afkomstig van Leiden. Hy kom met die skip de Walvis die 9 April 1661 as "n adelbors by die Kaap aan. Hy word gou hooftuinier. Sy vrou was Barbara GEEMS. Van Rosendael sterwe na "n kort siekte in 1662 en sy vrou treur met twee kinders en boonop is sy verwagtend met "n ander kind. Sy trou die volgende jaar met Hendrik Reynst. Kyk ook onder Reynst.

Op 8 Oktober 1661 word aansoek gemaak by die Politieke Raad dat die 22 jarige Neeltjen Jacobsz van Rosendael, dogter van Jacob, met Frans Gerritsz van den Uijthoorn jongman 27 jaar oud mag trou. Barbara Geens was haar skoonmoeder. Die troue sou drie Sondae later plaas vind.

Kinders
Neeltje, X Frans Gerrirsz (Let op dat Barbara was nie haar moeder nie.

Sara X Adriaan Willemsz van Brakel
Helena Gulix (ook bekend as Leen de Schout), X 19 Julie 1682 Willem ten Damme.

(Van Brakel se dogter Elizabeth het met Adam Tas getrou, en Willem ten Damme en sy vrou Helena was boesem vriende met WA van der Stel)

Melding word gemaak in die Resolusies van die Politieke Raad vir 15 April 1662 dat Jacob van Rosendael al reeds dood is.

Op 18 Augustus 1663 versoek Barbara Geens 36 jare oud en Hendrick Reijnste van Dircxland 24 jaar oud om te mag trou, die Resolusies van die Poitieke Raad gee toesteming dat hulle oor drie weke mag trou. Hendrik Reynst was "n timmerman en toe "n onsuksevol boer, het word met ses ander mans na Mauritius gestuur deur die Compangie (Johannes Pretorius, Samuel de Back, Jilles Rooman, Jan van Oldenburgh, Simon Huijbrechts en twee vryburgers Henrdrik Reijnste en Andriesz Roeloffsz), twee jare later is hy terug aan die Kaap. In 1670 gaan hy na Batavia, maar sy familie bly aan by die Kaap.

Die kinders van Eva / Krotoa was eers by die huis van Jan Reyniersz en sy vrou geplaas en kort na 1 Maart 1669 daarna met Barbara Geems en haar man Hendrik Reynst. Teen "n vergoeding van 250 gulden per jaar. Sy was "n bekende hoer en bordeeleienaar.

In 1670 het Barbara toesteming gekry om "n taphuis te hou. Teen 1676 is sy weer "n weduwee. In 1685 het Barbara die slaaf Jan van Ternate teen betaling van 60 riksdaaler vrygekoop. Die volgende jaar koop sy "n slavin van Mosambiek, en in 1688 het Jan van Malabar homself vrygekoop.

Barbara was "n bakker 1676 - 1680, 1682


Bronne:
Heese en Lombard
GC de Wet, Vryliede
K Schoeman, Armosyn van die Kaap
M Upham, ""In Memoriam": Florida". Capensis 2/2000, pp. 5-22
Inligting verskaf op SAGenealogie deur Mansell Upham

Saamgestel deur: