Surnames V to Z

Written by AM van Rensburg on . Posted in V - Z.

VAN COPPENHAGEN Gerrit

Gerrit (Gerhardus) VAN COPPENHAGEN is gebore op 5 Desember 1768 in Delft, Nederland en Gerrit gedoop op 12 Desember 1768 in die Nederduitsche Gereformeerde Nieuwe Kerk. Hy is die enigste kind van Johannes van Coppenhagen, ook gedoop in dieselfde kerk op 7 Februarie 1737, en word "Burgerue & Lieutenant der Kernmeester en Hoofdman van het Silver Binnen de Stadt Delft", op 38 jarige ouderdom oorlede en begrawe op 8 Maart 1775 uit die Oude Kerk, Delft en Christina Verra op 20 Augustus 1739 gedoop en oorlede in Delft op 19 Februarie 1799 (sy die oudste kind van vyf van Jacob Verra gebore 6 Oktober 1705, oorlede te Delft 21 Maart 1786 en Christina Camphuysen gebore 10 Augustus 1710 en oorlede in Delft op 2 Oktober 1792).

Johannes, is die tweede kind van Gerrit, gebore in 1698 en oorlede op 68 jarige ouderdom te Delft in 1766, begrawe uit die Oude Kerk op 25 Maart 1766, "n boekhouer en tabakverkoper, getroud op 8 Mei 1734 met Anna van der Sande (die dogter van Corstiaan en Jannetje), en hulle woon op die hoek van Rietveld en Dirklangensteeg, Delft. Die drie verdieping huis en winkeltjie is in sy oorspronklike voorkoms vandag nog in gebruik. Anna is ses maande na die geboorte van hulle vierde kind oorlede en begrawe in Delft op 9 Mei 1743.

Gerrit, of "Gerhardus" soos hy na homself verwys in sy Stamboek, arriveer aan die Kaap op 19 jarige ouderdom in die skip Houtlust onder kaptein Pieter Hol op 6 Februarie 1787. Tien jaar later op 5 Februarie 1797 trou hy in Kaapstad met die 16 jarige Anna Elizabeth VAN WYNGAARDEN gebore 3 April 1781 en oorlede by geboorte en saam met hulle eerste kind op 27 Desember 1798 en begrawe te Stellenbosch (sy die dogter van Pieter Johannes & Adriana (Johanna) Swart).

Twee en "n half jaar later, toe 32 jaar oud, trou hy in Kaapstad op 21 Junie 1801 met Magdalena Aletta HARTOG, gebore 27 Oktober 1782 en oorlede op 60 jarige ouderdom in hulle Stellenbosch huis op 11 April 1843. Sy is die enigste kind van Johannes Hartog *1759 ? Stellenbosch 3 Augustus 1819 en Alida Jacoba Lorens *24 Maart 1759 ? Stellenbosch 10 Junie 1820, sy die tiende kind van Johan Martijn Lorens, hy gebore in Wedderstadt, Mansfield, Saxony (Duitsland) op 28 Augustus 1715 en getroud in Kaapstad op 22 November 1744 met Aletta Hoffman, sy gedoop op 23 Maart 1721 en oorlede die dag na die geboorte van hulle elfde kind op 11 Desember 1760 (sy die dogter van Willem Johan en Anna de Nys). Johan Martijn Lorens, die seun van Johann Andreas Lorentz en Barbara Wakkermans, is die stamvader van die SA Lourens familie en was die opsigter van die H.O.I.K. buitepos Zoete Melks Valleij langs die Riviersonderend in die Overberg. Magdalena was "n afstamelling van Paulus Hartog en Petronella Philips (Petronella was the daughter van Philip van Bouton en Susanna van Boegies, beide was vrygestelde slawe)

Op 10 Februarie 1803, drie maande na die geboorte van Gerhardus en Magdalena se eerste kind, vertrek hy van Tafelbaai op die Helder en arriveer op 11 April in die Engelse skip The Young George onder die Engelse kaptein J. Nicols en "n Hollandse kaptein Jan Blok in Nederland waarskynlik om sy weduwee moeder se boedel af te handel. Weens die oorloe op see en land in Europa kon hy eers twee en "n half jaar later, op 8 Mei 1805 uit Leer in Oos-Friesland vertrek met die President van Vinke onder kaptein Jacob Kortlang en arriveer vyf maande later, toe 37 jaar oud, op 4 Oktober 1805 vir die tweede keer in Kaapstad.

Hy vestig in Stellenbosch en stig "n privaatskool wat hy tot die einde van 1812 met 64 leerlinge baie suksesvol bestuur. In hierdie jaar stel Goewerneur Sir John Cradock nuwe regulasies op vir openbare voorleserskole. Gerhardus aanvaar die aangestelling op 1 Januarie 1813 as hoof en enigste onderwyser van die Stellenbosse openbare skool om die nuwe Cradock stelsel te implimenteer. Dit was "n uiters moeilike taak onder "n belanglose burokratiese Kaapse Bybel- en Skoolkommissie en hy moes onder haglike omstandighede alleen skoolgee vir tot meer as 70 leerlinge. In 1819 doen hy aansoek om Kaapse burgerskap en word daarna aangestel as "Parlaimetary Executar" van o.a. die boedel van Jan Daniel Heroldt en doen aansoek by die Gowerment in 1820 om die slaaf Rootje en haar kind, Rodena, te emansipeer. Na agt jaar se frustrasies as openbare onderwyser bedank hy en verlaat die skool in Desember 1821 om weer sy eie privaatskool te begin. In die ouderdom van 60 jaar is sy eggenote op 26 Desember 1799 en hy op daarna op 80 jarige ouderdom op 7 Junie 1849, beide in Stellenbosch oorlede en aldaar begrawe.

KINDERS
b1 Alida Jacoba *06.11.1802, gedoop Stellenbosch 14.11.1802 x Stellenbosch 17.11.1841 Frederik Hermanus Scheundorf xx 29.12.148 Willem Petrus du Plessis gedoop 24.08.1794.
b2 Johannes Christiaan *12.05.1807, gedoop Stellenbosch x Stellenbosch 05.04.1834 Catharina Jacoba Susanna Hauptfleish *24.07.1811.
b3 Marthinus Lourens *18.10.1810, gedoop Stellenbosch ? Rustenburg 05.02.1862 x Cradock 06.10.1838 wed. Elizabeth Catharina Henning *15.11.1772 ? Aliwal Noord 19.07.1866 xx Winburg Anna Maria van der Merwe *ca 1897.
b4 Hermanus Gysbert *08.04.1812 gedoop Stellenbosch ? 1864 x Kaapstad 22.08.1860 Christina Magdalena de Roubaix *04.04.1812 ? 27.03.1863.
b5 Jan Willem *18.03.1814 gedoop Stellenbosch 03.04.1914 ? Stellenbosch 03.10.1885 x Susanna Helmina Luttig *05.09.1819 gedoop Paarl 20.09.1819 ? Stellenbosch 10.11.1867.
b6 Servaas Gerhardus *04.09.1815 gedoop Stellenbosch 24.09.1815 ? Stellenbosch 19.02.1879 x 21.04.1840 Cornelia Everdina Langeveld gedoop 02.10.1814 ? Stellenbosch 15.03.1869.
b7 Magdalena Christina *01.01.1817 gedoop Stellenbosch 19 Januarie 1817 ? Slot van de Paarl 12.07.1906 x 09.04.1858 Michiel Casparus Loubscher xx Francois Johannes du Toit.
b8 Christina Maria de Verra *25.05.1818 gedoop Stellenbosch 14.06.1818 ? na April 1843.
b9 Elizabeth Hermina *31.08.1819 gedoop Stellenbosch 26.09.1819 ? 22.04.1823 (3jr)

Bronne:
Stamboek van Gerhardus van Coppenhagen Junie 1813
Suid Afrikaanse Geslagsregisters van J.A. Heese en R.T.J. Lombard
Sterf- doop en huwelikssertifikate

Saamgestel deur:
Lourens Stephanus van Coppenhagen b5c1d3e2f1 Pretoria 2001-02-27 vanco@kingsley.co.za


Bydrae:
AM van Rensburg