Surnames R to U

Written by Stamouers on . Posted in R - U.

THERON Jacques

Jacques THERON is in Mei/Junie 1697 met Maria Jeanne DE PRE getroud. Sy was die dogter van Hercules de Pre. Later word hierdie van in Suid-Afrika Du Preez.

Toe Maria Jeanne se suster, Jacquemina de Pre, se man Abraham Vivier sterf, het Jacques Theron en Maria Jeanne de Pre die dogters grootgemaak. Op sestienjarige leeftyd is die oudste dogter, Elisabeth Vivier, deur die 26-jarige chirurgun, Charles Prieurde Plessis, verlei. Hy was die man van haar eie niggie, Cecilia van Marseveen. Twee jaar later toe Cecilia verwagtend was, volg Du Plessis weer eens vir Elisabeth Vivier na "n kelder. Die historiese aanhaling lees: "in de kelder gegaan zijnde om wijn te tappen door du Plessi gevlogt en weder eenmaal vleeslijk bekent". Jacques Theron het aan de Chavonnes geskryf waarin hy sê: "En ick heb haar gevragh terwijl sij inden arbijt (kraambed) was wie dat die vaeder was, in persense (teenwoordigheid) van desen boeven staende getuijgen, en (sij heeft) niets ander bekent als Saerelt de Plesee" (Aanhaling uit Karel Schoeman, Armosyn van de Kaap, p. 470).

Die stamvader, Jacques THEROND het die volgende brief van sy vader Jaques(sonder die c) THEROND ontvang:
"My liewe kind, Was ek nie bly om van Mnr. Fisquet te hoor dat jy onder die sorg van dir Liewe Heer aan die Kaap woon, getroud is en "n gesin het nie. Dink net watter vreugde dit vir my op my oudag was. My bede is dat ons Liewe Vader my genadig wil wees om voor my dood van jouself te mag verneem aangaande jou welsyn. Ek glo dat die Heer deur Sy goedheid aan hierdie wens sal voldoen mits jy my brief ontvang. Jou broer Moyze(Moses) en sy gesin stuur groete, hulle is almal fris en gesond. Hy is na jou vertrek getroud en sy vrou het twee seuns en "n dogter. Hul oudste seun, jou nefie, is ook al getroud en het "n seuntjie. Ook jou ooms Moyze en Pierre Therond met hul vrouens en kinders is almal wel en stuur hartlike groete. Die seuns van jou neef Moyze wens jou met vrou en kinders net die beste toe. Ek woon nou by jou nefie (broerskind) Daniel waar ek volgens Gods wil waarin ek my berus, my laaste dae slyt en ook hierdie brief skryf. Vier van jou ooms Moyze en Pierre se dogters is getroud. Ook hulle stuur groete. Jou neef wat in Calvisson woon en sy hele gesin groet jou. Sy vader, my oudste broer, is sowat agt jaar gelede oorlede, maar sy weduwee is gesond en stuur groete. Dit, my liewe kind, is al wat ek nou het om te skryf. Ek bid onse Liewe Heer om jou in alles te seen wanneer jy hierdie brief ontvang. Rig jou antwoord aan die adres van jou broer Moyze in die voorstad Prescheurs. Aangaande die landsnuus--Dit is op 3 Desember 1718 met tamboer en trompetgeskal in Nimes aangekondig dat Frankryk en Spanje in oorlog verkeer-- Die eerste keer wat dit so gedoen word. Daar word nie meer iets oor ons Godsdiens gese nie. Ons bid in ons huise, maar word fyn dopgehou om te verseker dat ons geen samekomste hou nie. Die oorspronklike galeislawe is vrygelaat, maar twee jaar gelede is nuwes ingesit [aangestel/ingebring]. Jou liefhebbende Vader, Jaques Therond Nimes Languedoc 2 April 1719" (Die Mnr.Fisquet na wie verwys word, is waarskynlik Jean Fisquet van die Cevennes, "n korporaal in diens van die Kompanjie, wat Kaapstad in 1715 besoek het).

KINDERS
b2 Jacobus gebore 7 Jul 1699, X Elisabeth du Toit
b4 Pierre gedoop 22 Sep 1709, X 19 Apr 1732 Johanna Pretorius, XX 29 Jan 1741 Anna du Plessis

Bronne:
Brief verskaf deur Jean le Roux op GenForum, dit verskyn in Kannemeyer se Hugenote-Familieboek

Saamgestel deur: