Surnames R to U

Written by Alida Schoultz on . Posted in R - U.

SCHOULTZ Jean Baptiste Franz

SCH(O)ULTZ Jean Baptiste Franz * 17.5.1749 ? Paarl 31.1.1813 [s.v. Dr. Johan Fridrich Schultz en Maria Franziska Mallg ] x 10.6.1792 Catharina Maria HEGER * 27.5.1770 [d.v. Phillip Heger en Anna Christina Pick]. Jean Baptiste en sy ouers was afkomstig van Landau in die provinsie Beierse-Palts in Duitsland naby die grens van Frankryk. Hierdie deel was onder Franse besetting vanaf 1700 tot 1815. Hy kom in 1780 as gewone soldaat in diens van N.O.I.K. in die Kaap aan. Hy word in 1784 korporaal en die volgende jaar sersant. In 1791 verkry hy sy burgerskap. Gedurende die 1800’s woon hulle in Klipvischsteeg 4. Hy sterf as skoolmeester aan die Paarl. By sy aankoms in die land het hy se van as SCHULTZ gespel. Sy seun Johan Frederik het egter later jare die spelling verander na SCHOULTZ aangesien dit die Franse spelling is.

Kinders uit huwelik met Catharina Maria HEGER

1) Jeanetta Francina * 4.7.1793
2) Johan Frederik * Kaapstad 27.9.1795 ? 28.7.1864 naby Zuurbron, Humansdorp x 9.12.1817 Magdalena Jacoba JACOBS * Kaapstad 26.8.1798 ? 20.11.1888 (d.v. Salomon Johannes JACOBS x 1.2.1795 Anna Elizabeth ZEEMAN * 16.4.1780)
3) Wilhelmina * Kaapstad 3.9.1797

Saamgestel deur:
Alida Schoultz
alidaeef@icon.co.za