Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SCHOLTZ Lodewyk

Lodewyk SCHOLTZ was gebore circa 15 Okt 1753 in Calbe, Duitsland. Hy trou 12 Julie 1789 in die Kaap met Christina Frederika PEENSCH, dogter van Johann Peensch en Maria Lauch. Haar geboorte datum is onbekend maar word geskat as circa 1760.

Lodewyk is die derde Scholtz stamvader, in korrekte Duits was die voornaam natuurlik "Ludwig" en hy het soms sy naam as Samuel Ludwig geskrywe. Afkomstig van Calbe aan die oewers van die Saalerivier in Duitsland. Ludwig Scholtz het in 1784 as skrynwerker (timmerman) vir die "ou Kompanje" aan die Kaap kom werk. In 1791 het hy 'n burger geword.

Lodewyk sterf 22 Nov 1827 Kaap die Goede Hoop op die ouderdom van 74jr 1mnd 7dae.

Kinders van Lodewyk Scholtz en Christina Peensch:

b1. Catharina Elizabeth, gedoop 5 September 1790, trou met Joseph Day, 6 August 1811 in Kaapstad. Hy is circa 1790 in County Essex, Engeland gebore.

b2. Johan Andries, gebore circa 1792, trou met Jacoba Johanna Hendriks.

b3. Carel Frederik, gebore circa 1793 in Worcester, oorlede 30 November 1879 in Napier. Hy trou 14 January 1828 in Tulbagh met Helena Josina Theron, sy sterf 28 August 1837. Hy trou vir 'n tweede keer met op 6 August 1839 in Weltevredend, Stellenbosch met Justina Petronella Francina Vos sy is gebore, 12 Junie 1816 en sterf 20 Desember 1869 in Oudtshoorn.

b4. Johanna Elizabeth, gedoop 18 Januarie 1795 en sterf 8 Januarie 1844. Sy trou met Arnoldus Becker op 17 February 1824. Arnoldus is gebore op 19 Desember 1790 in Wolmünster, Frankryk en sterf 15 Julie 1844 in Wolmünster, Rondebosch.

b5. Johanna Maria, gedoop 10 October 1797, trou met Georg Marthinus Kraft op 21 Desember 1815. Georg is gedoop 30 Maart 1794 en sterf 13 Desember 1830.

b6. Maria Christina, gedoop 22 May 1800.

b7. Catharina Wilhelmina, gedoop 12 June 1803.

b8. Charlotte Amelia, gedoop 11 May 1806, trou met 23 November 1833 in Kaapstad met Robert Irwin Ross.

Geskryf deur J A (Bertus) Scholtz (1907 - 1997)

Bydrae te danke aan:
Inligting voorsien deur Ian Scholtz ians@transnet.co.za

Sterfdatum van Lodewyk verskaf deur:
Zena Opperman.

  • Hits: 12584

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy