Surnames R to U

Written by AM van Rensburg on . Posted in R - U.

RADYN Jurgen

Jurgen RADYN, gebore in 1681, is van Hamburg afkomstig. Hy land in 1707 aan die Kaap en trou in 1715 met Maria MALHERBE. Maria, gedoop in 1693, was die dogter van Gideon Malherbe en Marie Grillion.

Net nadat hy in 1714 uit diens van die VOC tree, ontvang hy die leningsplaas, Radyn. Hy verkry ook in 1714 die plaas, Stettyn, waarop hy en Jan Cloete boer. Op 28 Mei 1719 huur hy Vlooibaai (later Vanrhyneveldsdorp en tans Strand) aan die Lourensrivier in die Hottentots-Holland vir "n tydperk van vyf jaar van Daniel du Buisson. Nog "n leningsplaas van Radyn is Gustrouw, naby Gordonsbaai, waarop sy weduwee na sy dood volle eiendomsreg verkry. Die rede hiervoor is dat sy as weduwee arm was en agt kinders van voedsel en kleding moes voorsien.

KINDERS
b1 Maria gedoop 30 Jul 1716, X 9 Mei 1734 Christiaan Pas, XX 25 Jun 1747 Lambert Fick
b2 Susanna gedoop 9 Okt 1718, X 1 Jun 1738 Matthys Guillaumet
b3 Elisabeth gedoop 5 Jan 1721, X 21 Feb 1741 Andries van Dyk
b4 Jurgen gedoop 30 Mei 1723, X 28 Sep 1749 Anna Dorothea Otto
b5 Christina Magdalena gedoop 12 Aug 1725, X 6 Aug 1741 Barend Gildenhuyzen
b6 Margaretha gedoop 26 Okt 1727, X 14 Nov 1762 Wessel Wessels
b7 Johanna Catharina gedoop 27 Jul 1732
b8 Magdalena gedoop 9 Jan 1735, X 16 Maart 1755 Jan Odendaal, XX 8 Apr 1776 Gerhardus Jacobus Willemse

Op 28 Mei 1719 het Jurgen "n stuk land gehuur vir vyf jaar van Daniel du Buisson, in Lourensrivier in die Hottentots Hollands.

Jurgen sterf op 18 Februarie 1737 en Maria op 29 Oktober 1769.


Bronne:
J. Hoge, Personalia of the Germans at the Cape.
Heese en Lombard, Vol V, p. 410.
Inligting vanaf GenForum, ingestuur deur Jean le Roux

Saamgestel deur:
AM van Rensburg