RAATS Jasper
Jasper RAATS was van Utrecht, en in 1707 "n skoenmaker van beroep. Hy trou op 22 September 1709 met Wilhelmina Vermeulen. Sy is op 18 Maart 1691 gedoop, en haar ouers was Jan Willemsz Vermeulen en die slaaf Catharina van Bengale. Hy trou die tweede keer in Kaapstad op 12 Augustus 1714 met Susanna Terrier. Sy is op 18 Maart 1691 gedoop, en is die dogter van Daniel Terrier en Sara Jacobs. Hy trou die derde maal op 27 November 1718 met Magdalena Bastiaanse. Sy is op 13 April 1704 gedoop, en is die dogter van Francois Bastiaanse en Anna Maria de Leeuw.
KINDERS
 b1 Dorothea gebore ca 1710, X Jan Verbeek. XX 3 Okt 1751 Gerrit Reynderts
 b2 Jasper gedoop 14 Jul 1715
 b3 Reynier gedoop ca 1717
 b4 Magdalena gedoop 30 Maart 1721, X 11 Okt 1739 Jacob Jooste
 b5 Francois gedoop 24 Sep 1724
 b6 Petrus gedoop 13 Jul 1727, X 31 Maart 1776 Rachel Abrahamse van de Kaap
 b7 Maria Dorothea gedoop 23 Okt 1728
 
 Bronne: 
 SAG Vol 9
 
Saamgestel deur:
- Hits: 11567