Surnames N to Q

Written by Annatjie Tiran on . Posted in N - Q.

PELTZER Abraham

Abraham PELTZER, * in Hamburg, Duitsland., † 1724.

Die van PELTZER het ontstaan omdat hulle pels makers in die stad of omgewing van Hamburg Noord-wes Duitsland was.

"Stamvader" Abraham spel sy naam PELTZER en het op die V.O.C. skip "Popkensburg" op 2.11.1708 in die Kaap aangekom. Was 1710-1712 'n soldaat, vir 2jr boerkneg en van 1716-1717 'n korporaal. Word op 19.12.1708 lid van Kaapse Kerk en kry Burgerskap in 1716. Tien jaar na sy aankoms op 26.06.1718 is hy in die Kaap getroud.

PELTZER word mettertyd op verskillende maniere gespel soos PELZER/ PELSER/ PELSTER/ PELTZER EN PELSZER maar almal stam nog steeds van hierdie stamvader af. Dis a.g.v onkundige skribas en Skotse Predikante wat die van op hoorsê geskryf het. Volgens 1983 se kieserslyste skryf omtrent 92% hul van PELSER, 7% PELZER, en minder as 1% elk PELSTER/PELTZER.

Meeste van ABRAHAM se kleinkinders en agterkleinkinders het aan die einde van die 18e eeu in die Albert en Tarka streke van Noord-Oos Kaap gewoon waar hulle skaapboere was. Volgens prof. Pienaar het hulle ter oordeel aan hul handtekeninge op huweliksertifikate, met moeite geskryf.
Volgens Prof Pienaar blyk dit dat meer as helfte van Abraham se nasate lidmate van die Gereformeerde Kerk geword het. Die wat aan die Groot Trek deelgeneem het was lidmate van die Ned. Hervormde Kerk. Meer kan oor hul Geskiedenis op Bladsy 3 van die Pelser-boek gelees word.

x 26th June 1718 in Kaapstad, ELIZABETH VAN DEN BERG, (d/o JACOBUS VAN DEN BERGEN & JACOMINA CARTHENIERS) ≈ 1701 in Paarl.

Na Abraham se dood het Elizabeth 3 kinders by Claas Hoogh gehad: Johanna ≈08.07.1724, Jacoba ≈18.03.1727 en Johannes ≈20.06.1728 - almal in Kaapstad.

Sy xx 29.01.1736 Liebregt van Bergenen.
Sy xxx 05.08.1753 Carel van Stendal burgher van Stellenbosch.

Sy en Abraham het 3 kinders: Jacomina, Abraham en Maria.

AL DIE PELSERS in Suid Afrika [en verskillende spelling daarvan] is afstammelinge van Abraham.

b1 JACOMINA PELSER, * 1719, ≈ 20th August 1719.
Word lidmaat van die Kaapse Kerk in1773 x 09th October 1735, JOHANN of Jan GREYLING.
JOHANN: van Linz in Sakse. Was 'n wewenaar.
Hulle het 4 seuns en 5 dogters.

b2 ABRAHAM PELTZER, * 1721 in Kaapstad, ≈20th July 1721 in Cape Town [Getuies by sy doop: Bernardus Buijs en Alida van den Berg.] x 16th July 1741 in Stellenbosch, ENGELA CATHARINA ZAAIJMAN, (d/o PIETER ZAAIJMAN & ANNA MARIA COOPMAN) ≈ 11th May 1721.
Hulle het 4 seuns en 3 dogters.

b3 MARIA PELSER, * 1723, ≈17th January 1723 in the Cape.

BRONNE:

Baie inligting kom van L.N Pelser. Prof Pienaar van Stellenbosch het 'n verkorte weergawe van die familie gegee en ek het ons detail ingevul/SA Geslagsregister Vol 8 vanaf p443.
Prof R. Pienaar, Pelser boek , Rekord van al die dokumente wat deurgewerk is, is aangeteken in die boek.
DN MOOC 4659/1840.
KAB 4659/1840.
DN MOOC 7237/1844.
SK KAB 7237/1844.

Saamgestel deur:
Annatjie Tiran anntiran@polka.co.za 2014