Surnames N to Q

Written by Ockert Malan on . Posted in N - Q.

POGGENPOEL Philippus

Philippus POGGENPOEL, ~ 28-01-1752 Amsterdam (get.: Philippus Jagers & Margreta Eisenbijs). Doopregister No 235 Fo 72, + 23-06-1795, s.v. Julius (Pogenpool) POGGENPOEL en (Anna Clara) Geertruij (Jaagers) JAGERS. Die van Poggenpoel is afgelei van "pogge", Noord-Duits vir padda; die eerste Poggenpoel het dus waarskynlik gewoon naby "n dam met paddas.

Die gepubliseerde inligting, en selfs primêre bronne, oor die Poggenpoels en die Watermeyers (wat eng verbind was) bevat teenstrydighede en onduidelikhede. Sommige hiervan kon opgeklaar word uit argivale bronne, asook deur middel van dokumente in privaat besit.

Volgens inligting uit die Gemeenteargief van Amsterdam is Philippus Poggenpoel gedoop op 28 Januarie 1752 in die Evangelies Lutherse Gemeente. Hy was die jongste van vier kinders van Julius (Jacob) Poggenpoel (Pogenpool) van Hamburg en (Anna Clara) Geertruy Ja(a)gers van Schermbeek wie se "ondertrouw" (registrasie van gebooie) op 10 Oktober 1738 in Amsterdam plaasgevind het.

Die "jongeling" Philippus Poggenpoel arriveer in 1768 van Amsterdam aan die Kaap op die skip " Huys ter Mere" en gaan op 1 Mei 1768 "n kontrak aan om Adam Siedl "voor den tijd van een geheel jaar trouw en naarstig te dienen als knegt . . . . maandeliks omme ofte voor de somma van Seeven gulden Indische valuatie, boven en behalven "t Onderhoud van spys en drank en goede huysvesting". Ten spyte daarvan dat die twee partye hulle name netjies en duidelik kon teken, het die beampte die kontrak opgestel tussen "Pogenpoel en Zedel"!

Op 1 Mei 1772 gaan PP "n nuwe kontrak aan met Paul Retif as "zadelmaker" op "plaats de Vogelzang in"t Zwartland". Sy loon styg na 12 gulden. Hierdie kontrak word in die register van die Kaapse argief aangegee as "skeepsjonge-kontrak." (Saalmaker verwar met seilmaker?)

Die kontrak word egter in Aug 1772 reeds opgehef ten gunste van "last hebbende Evert Heugh", die besonderhede waarvan nie opgespoor kon word nie.

Hy het "n deel van die plaas Driefontein, 3 morge, in 1782 gekoop van Andries van der Merwe, skoonseun van Paul Roux.
In 1787 en 1788 kla sy buurman, Petrus Retief (oom van die Trekleier Piet Retief), eienaar van Oliphantkop (Voor-Groenberg, Wellington) by die Landdros en Heemrade dat P Poggenpoel hom van sy veesuiping op Driefontein afgesny het. Die suiping is volgens Retief op grond van die Kompanjie en nie op Poggenpoel se grond nie.
Op hul beurt kla P Poggenpoel en andere in 1788 dat die boere oorkant die Bergrivier hul vee deur die rivier jaag om op hulle plase te wei.

x 19-12-1779 Elisabeth Margaretha JOUBERT.
Uit hierdie verhouding:
1. Geertruy Agate POGGENPOEL, ~ 31-12-1780 Paarl, + 19-02-1781 Drakenstein.
2. Maria Margaretha POGGENPOEL, ~ 28-04-1782 Paarl, + 11-01-1783 Paarl.
3. Philippus Johannes POGGENPOEL, * 06-10-1783 (kyk 3507).
4. Elisabeth Maria POGGENPOEL, ~ 10-04-1785.
X.
5. Willem Petrus POGGENPOEL, ~ 04-11-1787 Paarl.
6. Anna Margaretha Carolina (A Catharina C) POGGENPOEL, * 16-12-1789 (kyk 3512).

Die jongste was later bekend as Anna Catharina Carolina, tweede vrou van G A Watermeyer, soos uiteengesit onder die Watermeyers

Elisabeth Margaretha JOUBERT, ~ 08-11-1761, d.v. Jan JOUBERT en Maria ROUX. Sy was "n kleinniggie van Gottfried Andreas Watermeyer se eerste vrou Sy hertrou, ná Philippus Poggenpoel se dood, op 8 Maart 1807 met Zacharias Blomerus.

x (1) 19-12-1779 Philippus POGGENPOEL.
x (2) 08-03-1807 Zacharias BLOMERUS.
Uit die eerste verhouding: 6 kinders.

Philippus Johannes POGGENPOEL, * 06-10-1783, ~ 02-11-1783 Paarl, + 06-12-1877, O Scorpioensdrift, s.v. Philippus POGGENPOEL en Elisabeth Margaretha JOUBERT (kyk 138). Hy tree as 16-jarige (omstreeks 1800) in regeringsdiens en word in 1805 as klerk van die Weeskamer aangestel en in September 1818 bevorder tot "Assistant Receiver". Hy het in 1819 "n spesiale opdrag gekry om 200 perde vir die leër aan te koop "on the emergency of a general irruption of the Caffirs" en het ook in 1820 reëlings getref vir die hervestiging van "n aantal van die Britse Setlaars (uit Ierland afkomstig) vanaf Clanwilliam na Albany.
Hy het toe in 1823 bevordering gekry na "the situation of Secretary and Vendumaster to the Worcester District".
Die bostaande feite word uiteengesit in "n memorie van hom gedateer Junie 1826 aan die "Earl of Bathurst" in London. Die aanleiding tot sy vertoë was dat Lord Bathurst, Minister van Kolonies, in Januarie 1826 uit London aan Lord Charles Somerset "n opdrag gestuur het "forthwith to remove Mr Philip John Poggenpoel from any civil employment he may hold". (Dit is merkwaardig dat hierdie ongemotiveerde summiere opdrag juis kom aan Lord Somerset, wat daarvoor berug was dat hy die Kaap bestuur het asof dit sy privaat besitting was.) P J Poggenpoel was platgeslaan "on receiving the crushing intelligence that by some unknown and certainly unintentional offence he has so incurred His Majesty"s displeasure as to have become subject to the removal from any position he holds under Government", en dit kort na hy getroud is.
P J Poggenpoel se pleidooi was suksesvol en hy het tot aan die einde van 1827, toe die stelsel van Landdros en Heemrade afgeskaf is, in sy pos aangebly.
Hierna het hy "Clerk of the Peace" geword, ook as notaris opgetree en in 1837 op twee plase Chasseur (5017 morg) en Goree (2969 morg), asook ander grond, met wolskape geboer.
In November 1843 word hy weer deur goewerneur George Napier uit sy pos ontslaan weens "n ongespesifiseerde "pecuniary transaction" met die "Civil Commissioner" van Worcester, P J Truter. Verswarend was "n klagte van "Kipie, a man of colour" wie se land hawer hy gekoop het en afgeoes het sonder om die koopsom te betaal. Hy word ontbied na Kaapstad om sy saak te stel voordat Napier sy ontslag aan London rapporteer. Hy bly weg sonder om per brief te verduidelik waarom en daag toe eers in Februarie 1844 daar op toe dit te laat was. Hierdie besonderhede is vervat in "n verdere vertoë wat hy in 1858 (dus 15 jaar later!) aan "n volgende Goewerneur skryf om voorspraak te doen vir plase vir sy seun en skoonseun. Sy enigste verskoning was dat "distressing circumstances" hom destyds verhoed het om Napier betyds te gaan spreek.
Sy versoek by sy ontslag om "n pensioen ná 38 jaar diens, is ook afgekeur.
Hierna het dit blykbaar al slegter met hom gegaan want in 1844 word hy insolvent verklaar. Volgens die boedelinventaris het hy "n uitgebreide boekery besit oor geskiedenis en godsdiens, benewens sy vakgebied, die regte.
"Being obliged to exert myself to the utmost to obtain a livelyhood" het hy begin met "n "Mercantile Establishment in the Roggeveld" en in 1845 aansoek gedoen om goedere per see te vervoer na Lambertsbaai (afgekeur) en toe na Verlorenvlei (goedgekeur) aan die Weskus.
Hy het ook herhaaldelik as "an old functionary" onsuksesvol aansoek gedoen om toekenning van grond "to enable him to supply his poor and helpless
family with the necessities of life". Hy is op spesiale lisensie no 198 van 8 Sept 1825 getroud met Anna Catharina Watermeyer

.
X 10-09-1825 Kaapstad (Luthers) Anna Catharina WATERMEYER.
Uit hierdie verhouding:
1. Philippus Godfried POGGENPOEL, boer Phisantfontein en Elandsfontein Loxton, * 26-07-1827, ~ 09-11-1827 Kaapstad. Philippus Godfried
26.06.1827 ~09.09.1827
Lidmaat Luthers Des 1844, + 04-07-1876 Scorpioensdrift, O Scorpioensdrift.
X.
2. Annes Frederik POGGENPOEL, * 22-10-1828, ~ 09-11-1828 Worcester, + 29-12-1829.
3. Fredrik Joubert POGGENPOEL, * 19-01-1832, ~ 27-03-1832, + 11-03-1833.
4. Margaretha Elizabeth Carolina POGGENPOEL, * 02-11-1835, ~ 28-12-1835 Worcester, + 15-05-1908, O Walkraal.
X.
5. Anna Catharina Christina POGGENPOEL, * 12-09-1836, ~ 10-01-1837 Worcester, + 04-08-1837.

134 Anna Catharina WATERMEYER, * 04-07-1795 Kaapstad, ~ 26-07-1795 Kaapstad (get.: Barend Frederik Watermeyer (oupa in Duitsland?)). Lidmaat 03-12-1809, + 09-05-1878 Scorpioensdrift, O Scorpioensdrift, d.v. Gottfried Andreas (Godfried Andries) WATERMEYER (kyk 1307) en Margaretha JOUBERT (kyk 140). Sy was die dogter van sy senior by die Weeskamer G A Watermeyer en stiefdogter van sy jongste suster.
Baie inligting oor die huwelik tussen twee relatief laat getroudes (hy byna 42, sy 30) is opgeteken in dokumente wat in privaat besit bewaar gebly het.
Een van Anna Catharina se agter-agter-kleindogters (Hannie Hurter X Barry) besit nou "n silwer hekelgaremandjie met haar voorletters daarop. Dit hang aan "n silwerband wat om die pols gedra is.
Ook hul gesin was teenspoedig. Inskrywings in "n Nederlandse Bybel van 1780 vertel hiervan "n roerende verhaal in Anna Catharina se handskrif:

Anna Catharina Watermeyer
geboren den 4den July 1795 gehuwd op d 10den Sept 1825 met
Philippus Johannes Poggenpoel
(Ook huweliksregister Lutherse Gemeente, Kaapstad)

Uit dit Huwelyk wierd geboren

1826 September 9. Eene dochter (levenloos ter wereld gekomen)
1827 July 26. Een Zoon op den 9 September daaraanvolgende in de Luthersche Kerk in de KaapStad door den Eerwaarde den Heer van Haveren gedoopt
Philippus Godfried.
1828 October 22. Een zoon op den 9den November door bovengemelden Leeraar der Luthersche Gemeente in Kaapstad ten Huize van"s Kinds Vader te Worcester gedoopt met den Naam.
Annes Frederik
Hy overleed 1829 op den 29sten December.
1830 Mey 6. Eene dochter dood
1832 January 19 te half Zes morgens een gesonden Zoon op den 27sten Maart daaraanvolgende door den Eerwaarden Heer Fahn is gedoopt met den naam
Fredrik Joubert.

Ook hy overleed zoo spoedig op 11 Maart 1833 (sic!)

1835 op den 2den November "s morgens te half zeven Uuren Eene dochter die op den 28 Dezemb den Heiligen Doop heeft ontvangen door den Eerwaarde Heer Terlinden Christellyke Leeraar onder den Heidenen en is benoemd geworden
Margaretha Elizabeth Carolina
hare doopgetuigen zyn Margaretha Elizabeth Watermeyer, Caarl Fredrik Joubert Watermeyer, Elizabeth Wilhelmina Carolina Watermeyer

1836 Op den 12den September "s morgens te vyf uren eene Dochter die op den 10den January daaraanvolgende den Heiligen Doop heeft ontvangen door de Eerwaarden Heer Külpmann Christen Leeraar onder den Heidenen te Worcester. Haare doopgetuigen zyn Jacob Watermeyer, Christina Auret en Catharina Meiring en den naam die zy ontving
Anna Catharina Christina
overleden den 4den August 1837

"n Brief van Anna Catharina, gedateer 23 Maart 1860, aan haar dogter Margaretha het ook bewaar gebly. (Margaretha Elizabeth Carolina was getroud met Edwin George Devenish van Scorpionsdrift, Carnarvon en die egpaar was kinderloos).

Uit die brief blyk dat die ouers toe op die plaas Phisantfontein, Williston (dalk "n Jacobs-plaas) woon by hul enigste oorlewende seun, noemnaam Godfried, en sy vrou Annie:

("Anna Susanna Jacobs geboren de 3 Desember 1836 gehuud op den 28 Maard 1853 met Philippus Godfried Poggenpoel" lui die inskrywing in haar skoonmoeder se Bybel).
In 1867 het (Philippus) Godfried Poggenpoel "n regeringsplaas, Elandsfontein, Fraserburg vir 21 jaar gehuur "to have a home for his family and his two aged parents of whom he is the supporter". Ook hier het dit nie na wense verloop nie want ná die "disastrous years "67, 68" and "69 for this district" doen hy op 22 Maart 1876 onsuksesvol aansoek om verlaging van sy huur.
Hy was toe ook vrederegter en het deur alles heen blykbaar sy sin vir humor behou. In 1869 doen hy as "Her Majesty"s J P" waardasie van verbeterings op "n plaas. Omdat hy nie "Fool"s Cap" het nie, maak hy verskoning vir die blou "note paper" waarop hy skryf, met die opmerking: "Bij gebrek aan brood eet men korsies van pastij"!
Volgens "Samuel Zwaartman" (kyk p. 43) was hy ook lid van die Distriksraad van "Vrijsterburg" en "arbieter" in geskille, o.a. waar "oom Ockert" (ou Ockert Gansfontein) betrokke was.
Nog "n slag tref die familie op 4 Julie 1876 toe (Philippus) Godfried, slegs 49 jaar oud, op sy ma se verjaarsdag aan sy hart sterf, terwyl hy sy swaer op Scorpionsdrift besoek. Hy laat Annie agter met 10 kinders waarvan vyf jonger as 15 jaar is!
Toe het hy blykbaar nog op Elandsfontein geboer maar hy het geen vaste eiendom besit nie.
Die bejaarde ouers sterf kort ná hul enigste seun op Scorpionsdrift: Philippus Johannes op 6 Desember 1877 in die ouderdom van 94 jaar en Anna Catharina op 9 Junie 1878 in die ouderdom van 82 jaar. Hulle is al drie is begrawe op Scorpionsdrift, Carnarvon, waar een grafsteen vir hulle opgerig is. (Die geboortejaar van Philippus J word daar foutief aangegee as 1785, sy sterfdatum as 5 Desember 1877 en Anna C se sterfdatum as 10 Junie 1878).
Edwin G Devenish (30-09-1838 tot 31-05-1884) is ook hier begrawe; sy vrou, Margaretha E C, (02-11-1835 tot 15-05-1908) op Walkraal.
Philippus en Anna se kinders was:

Alida Maria *22-07-1854 xAdriaan Tromp
Anna Catharina *03-01-1857 xf8g5 Ockert Gerbrand van Schalkwyk
Philippus Johannes *23-09-1858 xSusie
Sal(o)mon Jacobus *09-11-1860 ~03-02-1861 xf8g1h1 Hilletje Johanna van Schalkwyk
Margaretha Elizabeth Carolina *24-08-1862 ~25-12-1862 xf8g1 Dirk Jacobus van Schalkwyk van Walkraal
Frederik Joubert *28-09-1865 ~26-11-1865 xf2g1h4 Anna Cecilia Francina van Schalkwyk
Daniël George *07-08-1867 ~25-08-1867 xMaria Magdalena Catharina Steenkamp (wed. Visagie)
Carolina Francina *14-12-1870 ~09-04-1871 xf2g1h2 Guillaume Bernardus van Schalkwyk
Maria Johanna Christina *15-10-1872 ~25-12-1872 xf2g1h5 Gysbert Johannes van Schalkwyk
Edwin George Devenish *13-04-1875 ~01-08-1875 xMiller


X 10-09-1825 Kaapstad (Luthers) Philippus Johannes POGGENPOEL.
Uit hierdie verhouding: 5 kinders.

 

Navorsing:
Ockert Malan ogmalan@bigfoot.com