Surnames N to Q

Written by AM van Rensburg on . Posted in N - Q.

OBERHOLSTER Johann

Johann OBERHOLSTER (OBHOLSTER), hy het gekom van Oberholz naby Wald in die Switserse kanton naby Zurich. Hy het by die Kaap aangekom as 'n soldaat in 1696. Hy word later 'n burgher en was 'n slagter. Hy trou 5 Julie 1706 met die 16 jarige Helena DU TOIT, sy was die dogter van Guillaume du Toit en Sara Cochet. Hy trou die tweede keer op 14 Januarie 1714 met Judith DU PLESSIS, sy was die weduwee van Ary van Eeden.

KINDERS:
b1 Johannes gedoop 24 Oct 1702 (moeder Agnitie Colyn), X 6 Sep 1744 Sara Coetsee
b2 Barbara gedoop 20 Apr 1708 (moeder Jannetjie Marretje VAN DE KAAP), X 30 Nov 1727 Paulus Hartog (sien ook wat Spoelstra, Vol I, p 81 te sê het)
b3 Johannes gedoop 24 Aug 1710, X 2 Mei 1728 Elisabeth Prevot
b4 Guillaeme * c 1712, X 30 Des 1731 Johanna Margaretha Bergman
b5 Johanna Barbara gedoop 6/18 Jun 1713, 21 Okt 1731 Michiel Pentz, XX Dirk de Jongh, XXX 29 Nov 1767 Johan Anthonie Hitsman

Oberholster het 'n buite egtelike kind gehad met Agnitie COLYN (Haar moeder Maria was die dogter van die vorige slawe paar Evert en Anna van Guineë.) Jacob Pleunis se vrou het met Agnieta gepraat en gesê in Aug 1707 "Dit is mos Overholster se kinders. Jy kan gerus maar erken, want hulle is immers in Overholster se huis gebore", Pleunis sê toe ook vir haar "Jy kan dit maar sê dat hy die vader is, want ek het ook "n kind by "n swartvrou wat ek nog wil vrykoop". Agnitie Colyn was gedoop 5 Maart 1684, sy trou 21 Augustus 1707 Jan Janse van der Heyden. Weens hierdie geval het dominee le Boucq Jan Oberholster uit sy amp as diaken onthef omdat hy met Agnitie saamgeleef het en met haar kinders gehad het. Oberholster het hierdie verhouding ontken, want die kinders is nie op sy naam gedoop nie.

Bronne:
SAG, Vol 7
J Hoge Personalia of the Germans at the Cape
JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720" Kronos vol 5, 1982
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wêreld van "n slavin 1652-1733, p 653

Saamgestel deur:
AM van Rensburg