Surnames H to J

Written by Pieter Conradie on . Posted in H - J.

HAARHOF Franz

Franz HAARHOF van Hamm in Duitsland, het in die jaar 1719 as soldaat met die skip Meijnden in Suid-Afrika aangekom en was vir die eerste paar jaar van sy ver-blyf boerkneg in diens van die Kompanjie. Op 29 September 1721, byvoorbeeld, is hy aan Paul ROUX uitgeleen, en op 29 Maart 1723 aan Maria Catharina LE FEBRE (die weduwee van Jan ROI), wat later sy vrou geword het.
Wat betref hierdie huwelik is die volgende grappige voorvalletjie bekend: Die lees van die gebooie van die jong paar (Franz en Maria) is skielik stopgesit deur ‘n ander jong dame. Sy het die leraar, ds. P. VAN AKEN, verwittig dat sy die verloofde van Franz was. Die saak is egter onder die aandag van die Kerkraad gebring en Haarhof, die oor-winnaar, is tog getroud met Maria. Drie kinders is uit die huwelik gebore:
(1) Frans (1725), burger te Swellendam en getroud 21.11.1751 met Maria Magdalena FERREIRA; 4 kinders.
(2) Nicolaas (1728), getroud 20.5.1759 met Susanna JOUBERT; 13 kinders.
(3) Pieter (1732).

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: