Surnames K to M

Written by Eddie Otte on . Posted in K - M.

MOLL Cornelis

Cornelis MOL gebore 31 Desember 1755 van Nieuwendam aan 't Y by Amsterdam arriveer in die Kaap aan boord van die skip Lam op 8 Januarie 1779. Hy was vanaf 17 Augustus 1778 in diens van die VOC as 'n onderseilmaker - dit is die helper van die opperseilmaker. Op 31 Augustus 1793 het hy uit die VOC se diens getree. Vanaf 1815 tot 1829 het hy in Rosestraat 20, Kaapstad gewoon. Hy is oorlede op 8 November 1837 in sy huis in Wynberg toe hy amper 82 jaar oud was. Getroud 30 Junie 1782 met Hendrika LANGE, (gedoop 25 November 1759 en belydenis van geloof in NG Kerk op 13 Desember 1775), dogter van Pieter Lange en Eva van de Kaap (gebore 19 Augustus 1732) dogter van Moses en Cecilia, beide afkomstig vanaf Palliakatta, 'n gebied aan die ooskus van Indië.

Cornelis en Hendrika het saam 15 kinders gehad. Cornelis hertrou 29 Mei 1803 met Anna Sophia NEUHOFF dogter van Johann Heinrich Neuhoff en Catharina (Cornelia) van die Kaap en saam het hulle 9 kinders gehad. In total het Cornelis 24 kinders gehad.

b1 Johanna Margaretha ≈ 6 Apr 1783 † voor Nov 1837 x Kaapstad 6 Des 1801 Frederik Hendrik NIEHAUS van Minden, Duitsland.
b2 Cornelis Jacobus ≈ 14 Mrt 1784, jonk oorlede.
b3 Dorothea Fredrika Jacoba ≈ 1 Jul 1785
b4 Dina Catharina Johanna ≈ 17 Sep 1786
b5 Neeltje Cornelia ≈ 4 Nov 1787 X Kaapstad 14 Des 1806 Petrus Johannes KESSER
b6 Cornelis Claasen (sy name volgens die doop register) * Kaapstad ≈ Kaapstad 8 Feb 1789 † Swellendam 11 Feb 1833, Ω voor die kansel in die ou NG Kerk Swellendam wat afgebrand het, NG-leraar Uitenhage en Swellendam. Het Swellendam verteenwoordig by die Eerste Algemene Sinode van die NG Kerk in November 1824 - hy was dus een van die stigterslede. Saam met ander het die vergadering hom getaak om middele te vind vir die "goedmaking van de kosten door deze Vergadering veroorsaak" en ook vir die "formeren voor eene Weduwenbeurs". Getroud Paarl 10 Mei 1817 Rachel Petronella DE VILLIERS ≈ Paarl 27 Apr 1788 † Paarl, 20 Mei 1856, dogter van Pieter de VILLIERS ≈ 1 Jul 1725 † 22 Mei 1789 en Johanna de VILLIERS ≈ 1 Okt 1752 † 3 Jan 1830. Rachel Petronella de VILLIERS was die agter-kleindogter van Pierre de VILLIERS wat saam met sy twee broers (Abraham en Jacob) as "vluchtelingen om de religie" op 6 Mei 1689 aan boord van Zion in die Kaap aangekom het. Hulle drie was die de Villiers-stamvaders.
b7 Catharina Alida * 7 Feb 1790
b8 Johannes Cornells ≈ 12/20 Mrt 1791 † Swellendam 28 Mei 1870 X Swellendam 6 Apr 1817 Margaretha Aletta BOTHA
XX Swellendam 21 Jan 1843 Elizabeth BARRY † ca 1873
b9 Isabella Anna ≈ 29 Jul 1792 X Kaapstad 14 Jan 1810 Hendrik Barend NEUHOFF.
b10 Gerhardus Johannes ≈ 13 Okt 1793
b11 Johan Petrus Hendricus ≈ 11 Jan 1795. Anna Sophia Neuhoff was een van die doopgetuies.
b12 Christina Wilhelmina (4) * 7 Aug 1796 † Kaapstad 20 Sep 1853 X Kaapstad 3 Nov 1816 Marthinus Casper Petrus VOGELGESANG ≈ 12 Aug 1798 † Julie1859, sendeling en stigter van Ebenezer gemeente in Rosestraat, Kaapstad, seun van Johan(n) Christia(a)n VOGELSANG (of Vogelgesang), vanaf Kitzingen Duitsland, arriveer Kaap 1788 as soldaat, X 25 Aug 1793 Johanna Maria BECK.
b13 Cornelis Gysbert ≈ 25 Mrt 1798 † 8 Okt 1809
b14 Hendrik Johannes * 13 Okt 1799 † 30 Des 1854 X Paarl 6 Mei 1827 Maria Johanna DE VILLIERS (dogter van Jan A).
b15 Hendrika Charlotte Jacoba ≈ 27 Feb 1803. Gedoop nadat haar moeder alreeds oorlede is.
Tweede huwelik
b16 Jacob Frederik ≈ 8 Jul 1804
b17 Margaretha Cornelia ≈ 14 Jul 1805
b18 Jacobus Cornelis* 18 Nov 1806 ≈ 30 Nov 1806
b19 Marthinus Petrus Johannes * 11 Mrt 1808 ≈ 20 Mrt 1808 † 6 Jun 1884 X Maria EMMERMAN, weduwee Vos
b20 Margaretha Cornelia * 23 Apr 1809 ≈ 30 Apr 1809
b21 Margaretha Cornelia * 30 Jul 1810 ≈ 12 Aug 1810 X Kaapstad 11 Okt 1828 George Michiel GEYER † 1838
b22 Gerhardus Johannes * 3 Jun 1812 ≈ 28 Jun 1812 † 31 Jul 1840
b23 Christiaan Cornelis * 29 Jun 1813 ≈ 18 Jul 1813
b24 Cornelis (5) * 12 Mrt 1815 ≈ Kaapstad 2 Apr 1815 † Nylstroom 25 Apr 1880, drukker en Transvaal Volksraadslid X Kaapstad 6 Mrt 1836 Josina Elizabeth VERVOORT † 29 Jul 1867 XX Helena Geertruyda Catharina WALDECK.

Saamgestel deur Eddie Otte.
Bronne: SAG, Kerk registers, doop registers, LDS webbladsye, Precis of the Archives of the Cape of Good Hope