Surnames K to M

Written by AM van Rensburg on . Posted in K - M.

MEYHUISEN Godfried

Godfried MEYHUISEN van Maagdeburg. Hy trou 26 Desember 1684 met Flemmetje KOUTHOF sy was van Hasselt. Hy trou die tweede maal Desember 1693 met Barbara VAN DER SWAAN van Leiden.

KINDERS
b1 Justus Augustus, X Geertruy Visser
b2 Coenraad gedoop 21 Nov 1715
b3 Matthys Michiel gedoop 4 Jun 1690

Hy verkoop van 1691 - 1692 brandewyn en arak.
Hy verkoop van 1694 - 1695 bier (Hy het die pag van Frederik Russouw oorgeneem).

Godfried se vrou Kouthoff het 7 skilderye besit.

Godfried was ook aangekla 13 April 1697 as gevolg van die daad van slawe moord.

Hy was belas deur die Raad van Justisie in 1697 om 12,000 gulden betaal aan die weeskamer vir hom en sy vrou Kouthoff se kinders. In 1697 was Meyhuisen se besittings verkoop om sy kinders se moederlike erflating te kan betaal.


Bronne:
Heese en Lombard
GC de Wet Vryliede en Vryswartes aan die Kaap se Nedersetting

Saamgestel deur:
AM van Rensburg