Surnames K to M

Written by AM van Rensburg on . Posted in K - M.

KRUGEL Andries

Andries KRUGEL was van Tennenlohe, naby Neurnberg, gebore 1675. Hy kom aan by die Kaap as "n soldaat in 1703. Hy dien as "n kneg vir Olof Bergh. Hy boer later in Paarl en in 1734 word hy die eienaar van "Weltevreden", naby Joostenberg, Muldersvlei. Hy trou 5 Julie 1706 met Zacharia Jansz Visser, sy was die weduwee van Dietrich Putter (kyk ook onder sy inskrywing), en ook van Johannes Basson (kyk ook onder sy inskrywing). Zacharia was gebore in 1657. Andries Krugel trou die twee keer met Maria Ras, sy was gedoop 4 Februarie 1703, die dogter van Nicolaas Ras en Maria van Staden.

KINDERS
bl Hendrik, = 18 April 1706, X 16 November 1727 Maria van der Swaan
b2 Johannes, = 12 Junie 1729, hy is jonk oorlede

Andries was heel moontlik "n broer van Matthys Krugel. Andries sterwe in 1734.

Bronne:
De Villiers en Pama
Heese en Lombard

Saamgestel deur:
AM van Rensburg