Surnames K to M

Written by Pieter Conradie on . Posted in K - M.

KOCH August Christoffel

August Christoffel KOCH, afkomstig van Bebra naby Sonderhausen, Duitsland, het in 1757 as soldaat in Suid-Afrika aangekom. Hy het burgerskap in 1762 verkry en kleremaker geword. Op 8 April 1764 is hy in die eg verbind met Catharina Margaretha HARMS, die dogter van Hans Harms van Lübeck. Die huwelik is met elf kinders geseën:
(1) Johan Christoffel (1765).
(2) Carel August (1767).
(3) Engela Frederica Paulina (1768).
(4) Maria Christina (1771).
(5) Carel Christiaan (1773), getroud 11.8.1801 met Sophia Wilhelmina Elisabet BECK; 2 dogters.
(6)August Christoffel (1775), getroud 24.9.1797 met Aletta Maria RYNDERS; 4 dogters.
(7) Johannes Gregorius (1778), getroud met Henrietta Wilhelmina ROEDELOFF; 1 dogter.
(8) Johanna Carolina (1780), getroud met Marthinus ROEDELOFF.
(9) Catharina Christina (1783).
(10) Carl Daniel Ewald (1786).
(11)Anna Johanna (1790).
Koch se laaste drie kinders is in die Lutherse Kerk gedoop. Hy het sy naam beide Koch en Kok geteken. Hy is 25 Junie 1801 oorlede.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: